’n Plaasvervanger vir Phèdre of die (on)vertaalbaarheid van intertekstuele verwysings in Jean- Paul Daumas se <i>Le cimetière des éléphants</i>

A substitute for Phèdre or the (un)translatability of intertextual references in Jean-Paul Daumas’s <i>Le cimetière des éléphants</i>

  • Editorial Office
  • Naòmi Morgan Universiteit van die Vrystaat
Keywords: praktiese dramavertaling, intertekstuele verwysings, die Onvertaalbare, spel-binne-’n-spel,, Jean-Paul Daumas, Phyllis Zatlin, Sandra Prinsloo, Ingrid Jonker, Phèdre, Macbeth, Anthony and Cleopatra, Le cimetière des éléphants

Abstract

Die vertaling van intertekstuele verwysings (van ’n Franse bronteks na ’n Afrikaanse teikenteks) in Jean-Paul Daumas se drama <i>Le cimetière des éléphants</i> (Die olifantbegraafplaas) bied buitengewone uitdagings aan die vertaler. Die betrokke aanhalings is nie voorheen in Afrikaans vertaal nie en sou dus nie as sodanig herkenbaar wees vir die Afrikaanse lesers- en teaterpubliek nie. Die belangrikste intertekstuele verwysings is afkomstig uit Jean Racine se Phèdre en funksioneer as ’n spel-binne-’n-spel-konvensie. Die kreatiewe oplossing wat voorgestel word, is om die herkenbaarheid van die verwysing met die herkenbaarheid van die aktrise te vervang, wie se naam in die drama gebruik word in plaas van die verhoognaam van die (fiktiewe) Franse aktrise. Die drama-aanhalings uit die klassieke repertoire word gekies uit die aktrise se eie lys van produksies, met dien verstande dat dit tematies by die drama aansluit en daar ’n natuurlike oorgang tussen die voorafgaande en daaropvolgende dialoog is. Die transformasie van die streeksrade en die huidige klem op kunstefeesformaat in die seleksie van dramas het gelei tot ’n afskaling in die opvoering van klassieke stukke, wat min geleentheid aan die teaterpubliek bied om vertroud te raak met die dialoog, ’n essensiële aspek van die gebruik van intertekstuele verwysings. Kreatiewe oplossings maak dit moontlik om steeds dramas in vreemde tale, waarin gebruik gemaak word van intertekstuele verwysings, te vertaal en terselfdertyd hulde te bring aan een van die doyennes van die Afrikaanse verhoog.

Author Biography

Naòmi Morgan, Universiteit van die Vrystaat

Afdeling Frans, Universiteit van die Vrystaat

Published
2018-07-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels