Modale kettings in Afrikaans

Modal chains in Afrikaans

  • Editorial Office
  • C Jac Conradie Universiteit van Johannesburg
Keywords: proposisie, sinsonderwerp, predikaat, inchoatief, perfektief, kernbetekenis, epistemies, evaluering, evidensieel, relativering, realisering, deonties, dinamies, verpligting, toestemming, wil, vermoë, moontlikheid, Force Dynamics

Abstract

Modale (hulp-)werkwoorde (MW’e) kom algemeen in Germaanse tale en variëteite voor in kombinasies van twee of meer in een proposisie of klous, byvoorbeeld Jy sal vinniger moet kan werk. Die doel van hierdie ondersoek is om die beginsels van of beperkings op sulke opeenvolgings in Afrikaans te bepaal.

Die hipotese word gestel dat hoe hegter die MW die sinsonderwerp aan ’n predikaat verbind, hoe nader sal die MW aan die hoofwerkwoord staan. Kan, soos in Sy moet kan orrel speel, dui byvoorbeeld op ’n inherente kenmerk van die onderwerp, naamlik die “vermoë” om orrel te speel, en staan gewoonlik die naaste aan die hoofwerkwoord. In epistemiese gebruik, soos in Sy kan moet orrel speel, lewer kan uitspraak oor die waarskynlikheid van die proposisie (naamlik Sy moet orrel speel) in sy geheel en neem dan gewoonlik die eerste posisie in.

Die hipotese is vervolgens empiries getoets met verwysing na die MW’e sal/sou en modaal gebruikte gaan, moet/moes, mag, behoort te, wil/wou en kan/kon. Om die voorkoms as sodanig van kettings van hierdie MW’e te bepaal, is hoofsaaklik  gemaak van Taalkommissiekorpus 1.1, maar ook van ander bronne. Daar is bevind dat 8 uit die 15 voorspelde kettings wel voorkom, terwyl van die volgordes wat nie voorspel word nie, slegs’n enkele voorbeeld gevind is, wat die hipotese oor die algemeen bevestig. Die volgorde van mag en behoort (te) ten opsigte van ander MW’e kon egter slegs ten dele bevestig word; dit is byvoorbeeld duidelik dat mag altyd ná sal/sou georden word en behoort (te) altyd voor kan/kon.

Author Biography

C Jac Conradie, Universiteit van Johannesburg

Departement Tale, Kultuurstudies en Toegepaste Linguistiek (LanCSAL), Skool vir Tale, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van Johannesburg

Published
2018-07-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels