Burgerskapsonderwys vir ’n suksesvolle lewe in 2050 en daarna

Citizenship Education for living successfully in 2050 and beyond

  • J L (Hannes) Van der Walt Noordwes-Universiteit
Keywords: burgerskap, burgerskapsonderwys, toekoms, toekomsstudies, toekomsgereedheid, opvoeding, onderwys, tegnologie

Abstract

Die skoolgaande kinders van vandag, veral dié in die hoërskool, behoort teen 2050 op die kruin van hulle loopbane te wees, en sommige mag selfs gereed maak vir die konsolidasiefase van hulle lewens. In die lig hiervan is dit belangrik dat skoolonderwys, en ook burgerskapsonderwys, die leerlinge nou reeds voorberei vir ’n suksesvolle bestaan later in hulle lewens, selfs vir drie dekades die toekoms in. Hoewel dit nie vir ons moontlik is om so ver in die toekoms in te skou nie, is dit tog moontlik om ’n tentatiewe prentjie van die toekoms te skets aan die hand van tendense wat ons nou reeds waarneem. Om ’n volledige prentjie te probeer skets, is die vyftien modaliteite van die werklikheid as ankerpunte gebruik. Die prentjie van die toekoms wat uit hierdie oefening na vore kom, dui daarop dat daar verskeie belangrike take op burgerskapsonderwysers wag om die leerlinge wat aan hulle sorg toevertrou is, toe te rus en te begelei om die toekoms binne te gaan en om selfs drie dekades van nou af hulle lewens met welslae te voer.

Author Biography

J L (Hannes) Van der Walt, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2020-12-15
Section
Navorsings- en Oorsigartikels