“Wat staan in die Grieks?” – Kollig op vertaalprobleme wat die Nuwe Testament oplewer

What does the Greek say? – Spotlight on translation problems the New Testament poses

  • Jan Barkhuizen Universiteit van Pretoria
Keywords: vertaalprobleme, vertaalproses, taalaspek, Nuwe Testament-grammatika, probleemdifferensiasie, vertaalfoute, vertaallogika, meerduidigheid, nuanse, woordbetekenis

Abstract

In hierdie artikel word die grammatikale aspek van die vertaalproses van die 2020-Bybel as direkte vertaling ondersoek. Naas die teologiese, sosiopolitieke en tekskritiese faktore wat in ag geneem moet word in so ’n vertaalproses, neem die grammatikale aspek vanselfsprekend die belangrikste plek in. Uit die aard van die saak kon net ’n seleksie van tekste waarin verstaan- en vertaalprobleme ondervind is, bespreek word. Hierdie tekste is gerieflikheidshalwe in drie kategorieë ingedeel wat verteenwoordigend is van die soort probleme wat teëgekom is. (a) Eerstens is daar dié tekste waarvan die vertaling berus op ’n verkeerde interpretasie van die Grieks of wat berus op foutiewe vertaallogika. (b) Tweedens word tekste bespreek wat volgens Griekse grammatikale reëls op meer as een manier vertaal kan word. (c) Derdens is daar tekste wat nie noodwendig verkeerd vertaal is nie, maar waarvan die vertaling nie die fynere nuanses van die brontaal reflekteer nie.

Author Biography

Jan Barkhuizen, Universiteit van Pretoria

Departement Antieke Tale, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-12-14
Section
Navorsings- en Oorsigartikels