Voorwoord

  • Marisa Keuris

Abstract

Die gebruik van dramavertalings en -verwerkings binne die Suid- Afrikaanse konteks het ʼn lang tradisie (vanaf die aanvang van Europese teater in Suid-Afrika tot by hedendaagse kunstefeeste). Daar is ʼn duidelike verbintenis tussen Afrikaanse dramavertalings en -verwerkings met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal (van sy vroegste jare af tot met sy vestiging as amptelike taal in 1925 en die dekades daarna, asook tydens die hoogbloei van Afrikanernasionalisme in die vyftiger- tot tagtigerjare van die 20ste eeu). Na 1994 vind daar ʼn merkbare verskuiwing binne hierdie toneeltradisie plaas, naamlik vanaf konvensionele dramavertalings (aanvanklik binne streng beperkings tot meer vrye vertalings) na die huidige tendens van verwerking, herwerking en herskepping van die bronteks binne ʼn nuwe sosiokulturele raamwerk tot ʼn nuwe drama- en/of teaterteks. ʼn Kort historiese oorsig van hierdie tradisie, asook die huidige stand van sake word deur Marisa Keuris in haar artikel aan die begin van die uitgawe gegee.

Author Biography

Marisa Keuris

Gasredakteur

Published
2020-03-31
Section
Navorsings- en Oorsigartikels