Profesie, mite en delirium: Die dringende vraag na ware kennis in die eeu van informasionalisme en kennisaftakeling

Prophesy, myth and delirium: The urgent quest for true knowledge in the age of informationalism and knowledge depreciation

  • Fanie De Beer Universiteit van Pretoria
Keywords: affektiwiteit, delirium, fantasma, heilsmites, informasionalisme, kennis, misterie, mite, openbaring, profesie, verbeelding, wete

Abstract

Teen die agtergrond van die agterdog wat gesaai word teen die geesteswetenskappe en die bedreiging van hul posisie, wend hierdie artikel ’n poging aan om iets van die geldigheid en relevansie van geesteswetenskaplike kennis te probeer herwin. Die klem word enersyds geplaas op die fatale en verarmende gevolge van die reduksie van kennis tot die meetbare, weegbare en tasbare en andersyds op die wesenlike onmisbaarheid vir menswees en menslike saamwees van dimensies van kennis, wat ewe geldig is, maar buite die grense van die empiriese val, naamlik die diskoerse van profesie, mite en delirium (waansin). In die belang van menswees word ’n saak uitgemaak vir ’n wyer en dieper opvatting van kennis en wetenskap as die heersende opvatting.

Author Biography

Fanie De Beer, Universiteit van Pretoria

Departement Inligtingkunde, Universiteit van Pretoria

Published
2018-07-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels