http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/issue/feed Tydskrif vir Geesteswetenskappe 2024-03-06T13:39:58+00:00 Robyn Marais robyn@jesser-point.co.za Open Journal Systems
Welkom! Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe is geakkrediteer en word gewy aan die publikasie van oorspronklike navorsings- en oorsigartikels in die taalkundige, letterkundige, kuns en kulturele, sosiale, ekonomiese, godsdiens- en opvoedkundige wetenskappe, sowel as aan boekbesprekings, taalrubrieke en gedigte.

Lees ons nuusflitse en nuutste aankondigings hier onder. Soek u ’n vorige uitgawe van die tydskrif? Geen probleem, gebruik asseblief die hoof navigasie bo of lees verder hier onder.

Online ISSN 2224-7912
Print ISSN 0041-4751
http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/451 Suez se nagevolge: Persoonlikhede en kolonialisme 2024-03-06T13:39:47+00:00 Riaan Eksteen reksteen@swakop.com
Eisenhower, Dulles, Eden en Macmillan was instrumenteel tydens die Suezkrisis wat beduidende implikasies vir die Midde-Ooste en die globale magsbalans meegebring het, maar nie een van hulle het heeltemal ongeskonde uit die krisis gekom nie. Eisenhower het die inperking van kommunisme as sy hoogste prioriteit geag en het Brittanje se koloniale erfenis as onhoudbaar beskou, en Dulles het die koloniale dimensie dikwels opgehaal. Brittanje se dalende status as ’n wêreldmoondheid is blootgelê en as ’n tweederangse moondheid bevestig. Die feit dat Brittanje ’n koloniale mag was, het ’n stigma gelaat waaraan Eden en Macmillan weinig kon doen. Dit was alombekend dat Eden die reëls van geheimhouding verontagsaam het in sy meedoënlose en bloedige strewe na regverdiging. Wat Eden se konserwatiewe regering noodlottig ondermyn het, was die onenigheid in sy eie geledere. Hyself was polities, fisies en emosioneel deur Suez verpletter. Macmillan het uit die wrak van Suez getree om ’n gedemoraliseerde Konserwatiewe Party te lei en ’n land wat nog in die dieptes van vertwyfeling verkeer het. Frankryk was diep gegrief oor Nasser se steun aan rebelle in Algerië. Die nagevolge van die krisis het die agteruitgang van Europese kolonialisme beklemtoon en ’n blywende impak op Frankryk se internasionale verhoudings gehad. Algerië het ontsaglike probleme vir Frankryk veroorsaak en selfs sy politieke stabiliteit bedreig.
2024-03-06T13:02:22+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/452 Suez se nagevolge: Suid-Afrika en bevrydingsbewegings 2024-03-06T13:39:51+00:00 Riaan Eksteen reksteen@swakop.com
Tydens die Suezkrisis was die gedrukte media die primêre bron van kommunikasie en byvoorbeeld in Brittanje die belangrikste wyse waarop die publiek ingelig is. In die VSA het nuusberigte ook die krisis gedek, veral omdat dit President Eisenhower se grootste buitelandse beleidsuitdaging op daardie tydstip was. In Egipte het Nasser ywerig en behendig die pers en radio aangewend om sy binne- en buitelandse doelstellings te bereik. Toe die Veiligheidsraad verhinder is om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf as gevolg van die vetoreg wat een van die permanente lede uitgeoefen het, het die Algemene Vergadering die aangeleentheid oorweeg en aanbevelings met die “Uniting for Peace”-prosedure gemaak, wat tot die stigting van die eerste vredesmag van die Verenigde Nasies gelei het. Kort voor die krisis is tweederdes van al Europa se olie deur die Suezkanaal verskeep. Die Suezkrisis het later aanleiding gegee tot die stigting van die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande (OPUL) in 1960. Met die sluiting van die kanaal, is die aandag weereens op die strategiese waarde van die seeroete om die Kaap gevestig om die toenemende verkeer te kan akkommodeer. Teen daardie tyd was Suid-Afrika en Brittanje reeds besig om oor die vlootbasis te Simonstad te onderhandel wat later aan Suid-Afrika oorgedra is. Nelson Mandela het by die revolusionêre magte van Algerië aangesluit en militêre opleiding van hulle ontvang. Ander bevrydingsbewegings van Afrika het ook militêre en diplomatieke opleiding gekry. Die geopolitieke implikasies van die krisis was wydverspreid en betekenisvol.
2024-03-06T13:04:45+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/453 Die samehang van en verskille tussen sosialekostevoordeel- ontleding en ekonomiese-impakontleding van padprojekte 2024-03-06T13:39:53+00:00 W J Pienaar wpienaar@sun.ac.za
Die hoofdoel van die sosialekoste-voordeel-ontleding (SKVO) van ’n pad is om die inligting oor die koste en voordele te verskaf wat nodig is om die lewensvatbaarheid, al dan nie, van die voorsiening en gebruik van die pad te beraam. Die kostekomponent in die SKVO is die eenmalige investeringskoste om die pad tot stand te bring, en die voordeelkomponent is die daling van die herhalende koste wat uit die gebruik en instandhouding van die pad sal spruit.

Die hoofdoel van die ekonomiese-impakontleding (EKIO) van ’n pad behels dat die verwagte gevolge van die voorsiening en gebruik van die pad op die ekonomiese vertoning van ’n bepaalde streek geïdentifi seer en bereken word. Dié ontleding berus hoofsaaklik op die volgende: (a) die beraming van die verwagte eenmalige streeksinkome-vermenigvuldigereffek wat uit die investeringsbesteding aan die pad sal spruit, en (b) die beraming van die herhalende streeksinkome-versnellereffek wat uit die gebruik en instandhouding van die pad sal spruit.

Die ekonomiese uitwerking van ’n padprojek word nie by ’n SKVO ingereken nie. Die rede hiervoor is drievoudig:

Eerstens berus ’n SKVO op toewysingsdoelmatigheid as beoordelingsnorm, en ’n EKIO op doeltreffendheid as beoordelingsnorm. Die kombinering van doeltreffendheidsnorme en doelmatigheidsnorme sal tot ’n wanvertolking van ’n projek se ekonomiese  lewensvatbaarheid lei.

Tweedens sal voordele dubbeld getel word indien padgebruikerskostebesparings en ekonomiese impakte saamgevoeg word.

Derdens kan ekonomiese voordele wat verkry word deur gekoördineerde investering in verskeie sektore, waarvan een ’n pad is, nie alles aan investering in die pad toegeskryf word nie.
2024-03-06T13:06:10+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/454 Bepaling van die verhoogde nasionale inkome wat uit die voorsiening en gebruik van ekonomies lewensvatbare paaie spruit 2024-03-06T13:39:54+00:00 W J Pienaar wpienaar@sun.ac.za
Hierdie artikel dui aan hoe die eenmalige verhoging in streeksinkome wat uit investeringsbesteding tydens die bou van ’n pad spruit, en die herhalende bykomende streeksinkome wat uit die gebruik van ’n ekonomies geregverdigde nuwe pad spruit, deur onderskeidelik streeksinkomevermenigvuldigerontleding en streeksinkome-versnellerontleding beraam kan word.

Om die effek van die streeksinkomevermenigvuldiger van die uitgawe verbonde aan die bou van ’n pad te bepaal, moet (i) die belastings wat by die bou-uitgawe ingesluit is, as ’n verhouding van die totale bou-uitgawe, (ii) die bedrae geld wat deur projekwerkers gespaar word, as ’n verhouding van die totale bou-uitgawe, en (iii) die besteding aan ingevoerde projekinsette, as ’n verhouding van die totale bou-uitgawe, bepaal word.

Ontledings wat bogenoemde drie fondslekkasies uit die kringloop van streeksinkome in ag neem, toon dat die verteenwoordigende inkomevermenigvuldiger van Suid-Afrikaanse bouprojekte vir buitestedelike geplaveide paaie ’n waarde van 4,58 het. Op die beoordelingskaal van inkomevermenigvuldigerwaardes vir die bou van buitestedelike paaie bied dit aan die staat ’n “baie goeie” geleentheid om inkome te genereer, veral as in ag geneem word dat die gemiddelde inkomevermenigvuldiger van besteding in die Suid-Afrikaanse ekonomie ’n waarde van 3,27 het. Die formules waarmee die eenmalige inkomevermenigvuldiger beraam word, word in die liggaam van die artikel uiteengesit.

Die herhalende versnelde streeksinkome wat uit die gebruik van ’n ekonomies lewensvatbare pad spruit, is gelyk aan die produk van (a) die huidige waarde van die herhalende padgebruikersvoordele wat uit die gebruik van die pad spruit, en (b) die waarde van die streeksinkomeversneller van die gebruik van die pad. ’n Streeksinkomeversneller wat as verstekwaarde kan dien in die ekonomiese-impakontleding van ’n ekonomies lewensvatbare geplaveide buitestedelike pad in gevalle waar dit nie haalbaar is om ’n projek-eie versneller te probeer beraam nie, word in die artikel bereken. Die formules waarmee die herhalende-inkomeversneller beraam word, word in die liggaam van die artikel uiteengesit.
2024-03-06T13:08:02+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/455 Religie as vormgewende faktor van onderwys in die BRICS-lande 2024-03-06T13:39:55+00:00 F J de Kock Fjdekock77@gmail.com C C Wolhuter Charl.Wolhuter@nwu.ac.za L de Beer louw.debeer@nwu.ac.za F J Potgieter ferdinand.potgieter@nwu.ac.za
’n Onderwysstelsel word deur verskeie samelewingskontekstuele kragte gevorm. Hierdie konteks tuele faktore sluit taal, demografie, geografie, tegnologie, politiek en finansiële en ekonomiese tendense in. Godsdiens is een van die laasgenoemde tendense wat ’n onderwysstelsel kan beïnvloed. Die BRICS-organisasie bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika en is ’n supra-nasionale blok wat baie aandag in die openbare sowel as akademiese diskoers oor internasionale politiek en maatskaplike kwessies trek (De Beer, 2017).

Godsdiens word wyd geag as ’n omstrede en sensitiewe faktor in onderwysstelsels (sien Van der Walt, Potgieter & Wolhuter, 2010). In hierdie artikel word godsdiens as vormgewende faktor van die onderwysstelsels in die BRICS-lande ondersoek, om die waarde daarvan as ’n aanskouingsles vir Suid-Afrika en ander lande te bepaal. Die BRICS-lidlande is doelbewus vir hierdie navorsing gekies weens die besondere waarde van hierdie lande as vertoonvenster van onderwysstelsels se antwoord op samelewingstendense van die een-en-twintigste eeu. Dokumentontleding is uitgevoer ten opsigte van beleidsdokumente, wetgewing, artikels en staatspublikasies, ten einde inligting in te samel. In die verwerking en interpretasie van inligting is die metableties-vergelykende metode gebruik ten einde beste praktyke ten opsigte van die hantering van godsdiens in die onderwysstelsels vanuit die BRICS-lidlande te identifiseer. Die ondersoek het ernstige tekortkominge in al die BRICS-lande se hantering van godsdiens in onderwys aan die lig gebring. Nie een van die lande se beleid of praktyk slaag die toets, soos gemeet aan die Verenigde Nasies se Handves van Menseregte nie. Die noodsaak van voortgesette navorsing oor die plek van godsdiens in die onderwysstelsels van die wêreld word ten slotte verduidelik.
2024-03-06T13:11:49+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/456 Die verskynsel van kindermoord deur die moeder krities heroorweeg binne ’n kruiskulturele raamwerk 2024-03-06T13:39:57+00:00 Casper Lötter casperlttr@gmail.com
In hierdie bydrae poog ek om sin te maak van die verontrustende verskynsel van kindermoord deur die moeder binne die breër konteks van die verwaarloosde diskoers oor die moeder in die Weste. Afgesien van my vlugtige naspeuring van Kristeva (2002b) se begrip van abjeksie, ondersoek ek ook ander teoretiese voorstelle in hierdie verband. Ek beoog om die mite van ’n vanselfsprekende moederskapsinstink krities te beoordeel, naamlik dat dit geensins natuurlik van aard is nie. Hierdie aanvullende teoretiese voorstelle dui op ’n feministiese invalshoek en Hrdy (2000) se insig dat vroue se prehistoriese ongebonde seksualiteit geherkanaliseer is ten einde moederskap as “natuurlik” weer te gee. Ek speur hierdie motiverings na ten einde ’n meer genuanseerde begrip van sodanige politieke en ideologiese onderbou te bereik. Ek wend my dus tot ’n feministiese metodologie en, gesien in die lig van die kruiskulturele strekking van die begrip moederskap, begrond ek my benadering op ’n sodanige onderbou. Ten einde ’n kruiskult urele raamwerk te regverdig, ontleed ek vier onlangse voorbeelde van kindermoord deur die moeder soos wat die verskynsel in verskillende kulture afgespeel het. Aangesien kindermoord deur die moeder ’n kruiskulturele verskynsel is, betoog ek dat transnasionale teorie waardevol is vir ’n ontplooiing van en besinning oor hierdie aangrypende en ontstellende verskynsel. Die gevolgtrekking waa rtoe ek kom, is dat kindermoord deur die moeder beduidend aansluiting vind by Blumberg (2009) se begrip evolusionêre uitputting en ek betoog dat die verwaarlosing van die d iskoers oor die moeder, soos Kristeva (1982) ook indirek aandui, opsetlik is, aangesien dit andersins aanleiding sou kon gee tot ’n beëindiging van moederskap as ’n praktykinstelling.

It is a beleaguered time for those of us who believe in the right of intellectuals, artists and ordinary, affronted citizens to push boundaries and take risks and so, at times, to change the way we see the world. – Salman Rushdie (2021:219 )
2024-03-06T13:13:32+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/458 Plunderjaar 2024-03-06T13:39:48+00:00 Eep Francken a.a.p.francken@hum.leidenuniv.nl
Het is het jaar van de oorlog die niet ophield, in Oekraïne, en van de oorlog die erbij kwam, in Israël en Palestina. Geen van twee woedde in Nederland, maar vooral bij het Heilige Land zijn veel Nederlanders nauw betrokken. Het jaar ook van honderden bomaanslagen in Rotterdam en Amsterdam, veelal door drugsbendes die ons land willen omtoveren in een Klein Mexico.
2024-03-06T13:17:36+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/457 Weer ’n slag die AWS 2024-03-06T13:39:48+00:00 J D McLachlan tommcl@whalemail.co.za
As ek die slag in Engels móét werk, besef ek opnuut dat die Spelling-Kommissie en die Woordelijs-Kommissie wat die eerste AWS in 1917 die lig laat sien het, ’n baie stewige grondslag vir die vestiging en ontwikkeling van die Standaardafrikaanse spelling gelê het. Ons spellingstelsel is seker so na aan konsekwent as wat ’n mens kan verwag, wel wetende dat niks wat met taal te doen het, ooit volkome konsekwent is nie en dat die standaardisering van die Engelse en die Afrikaanse spellingstelsel langs verskillende weë ontwikkel het.
2024-03-06T00:00:00+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/459 Wat is Verligting? 2024-03-06T13:39:51+00:00 Hercules Boshoff hercules@akademia.co.za Piet Boshoff hercules@akademia.co.za
Die Verligting is die bevryding van die mens uit sy selfopgelegde onmondigheid. Onmondigheid is die onvermoë om die verstand sonder die begeleiding van ander te gebruik. Self-opgelê is die onmondigheid wanneer die oorsaak daarvan nie by die tekortkoming van die verstand self lê nie, maar by onvoldoende vasberadenheid en moedigheid; om die verstand sonder begeleiding van ander te gebruik. Sapere aude! Hou moed, en laat jou van jou verstand bedien, is die leuse van die Verligting.
2024-03-06T13:20:34+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/461 Oproep om bydraes: Spesiale Ontlaeringsuitgawe van Tydskrif vir Geesteswetenskappe 2024 2024-03-06T13:39:49+00:00 Earl Basson unlaagering@gmail.com Bibi Burger unlaagering@gmail.com Janien Linde unlaagering@gmail.com Mathilda Smit unlaagering@gmail.com
Oor die afgelope ses jaar het drie kollokwiums plaasgevind onder die vaandel van die Ontlaeringsprojek. In die breë is die Ontlaeringsprojek gemoeid met hoe ons oor die onderrig van Afrikaans dink, en kan dink. Twee spesiale joernaaluitgawes (een in Stilet en een in Tydskrif vir Letterkunde) het intussen verskyn. In 2023 het ’n aantal kritiese gesprekke rondom (onder andere) die Ontlaeringsinisiatief op LitNet plaasgevind, waarin deelnemers besin het oor aspekte soos akademiese netwerkvorming, en die verhouding tussen politieke aktivisme en die akademiese projek.
2024-03-06T13:24:11+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/460 Afrikaanses 2024-03-06T13:39:50+00:00 Hennie Pieterse hjcpieterse62@gmail.com
Rou;
In die Bosveld;
Aloe variegata (Kanniedood*).
2024-03-06T13:22:07+00:00 ##submission.copyrightStatement## http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/462 Errata 2024-03-06T13:39:50+00:00 Editorial Office toc@sajaa.co.za
In die artikel deur Theo du Plessis, Die opkoms van Suid-Afrikaanse Gebaretaal as Suid-Afrika se 12de amptelike taal. (Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(3):585-614) moet ’n datumverandering vanaf 1993 na 1994 aangebring word in die volgende inskrywing:
Beukes, A.-M., & Barnard, M. (1994). Proceedings of the Languages for All Conference: Towards a Pan South African Language Board, 27-28 May 1994, CSIR Conferences Centre, Pretoria. Pretoria: Department of Arts, Culture, Science and Technology.
2024-03-06T13:25:28+00:00 ##submission.copyrightStatement##