Onderwysers se persepsies oor die moontlike impak van die afwesige vader op kinderontwikkeling

The possible impact of an absent father on a child’s development – a teacher’s perspective

  • Lettie Botha Noordwes-Universiteit
  • Lukas Meyer Noordwes-Universiteit
Keywords: vaderafwesigheid, kinderontwikkeling, impak van vaderafwesigheid op kinderontwikkeling, vaderloosheid, afwesige vader, vaderlike afwesigheid, Bronfenbrenner en Morris se bio-ekosistemiese model van kinderontwikkeling, kind met ’n afwesige vader, ontwikkelingsprobleme, vader, vaderskap

Abstract

Vaderafwesigheid is ʼn ernstige probleem in Suid-Afrika (Ratele et al. 2012:553). Statistieke toon dat daar ongeveer nege miljoen kinders in Suid-Afrika sonder ʼn vader grootword (Statistics South Africa [StatsSA] 2015). Dit toon ook die stelselmatige verdwyning van tradisionele gesinstrukture aan.

Die belangrikheid van die verskillende rolle wat die vader in ʼn kind se lewe speel, word deur navorsing beklemtoon. Sy betrokkenheid in die gesin lei tot ʼn gesonde kinder- en volwasse lewe ten opsigte van psigologiese en gedragsdimensies (Choi & Jackson 2011:698-704; Flouri & Buchanan 2003:63-78; Ratele et al. 2012:553). Volgens Saliha en Jayan (2013:40) is ʼn goeie vader van kardinale belang vir die optimale ontwikkeling van ʼn kind. 

In die lig van bogenoemde is ʼn gevallestudie geloods om die persepsies van onderwysers oor die moontlike impak van vaderafwesigheid op kinderontwikkeling te ondersoek.

Author Biographies

Lettie Botha, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Lukas Meyer, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2019-03-17
Section
Navorsings- en Oorsigartikels