Duiwelsadvokate en die ekokritiek: ’n Respons op Carien Smith se ekokrities-filosofiese benadering tot Riana Scheepers se kortverhaal “Katvoet”

Devil’s advocates and ecocriticism: A response to Carien Smith’s ecocritical-philosophical approach to Riana Scheepers’s short story, “Katvoet”

  • Reinhardt Fourie Universiteit van Suid-Afrika

Abstract

In 2013 het ek op uitnodiging van LitNet Akademies ’n kort essay gelewer oor die stand van omgewingsgerigte literêre studies in Suid-Afrika (sien Fourie 2013). Hierin het ek kortliks toegelig hoe die ekokritiek as ondersoekrigting sedert 2007 al hoe meer bepalend begin word het in die (Suid-)Afrikaanse literatuurstudie. In teenstelling met ander rigtings het ekokritiek sedert sy ontstaan en tot op daardie stadium (2013) taamlik heterogeen gebly. Enersyds is dié eienskap gesien as tot die voordeel van die ontwikkeling van die veld. Andersyds het dit beteken dat ekokritiek beskou kon word as teoreties onderontwikkel.

Author Biography

Reinhardt Fourie, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Engels, Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)

Published
2019-02-26
Section
Aktueel