Redakteursnota

  • Ina Wolfaardt-Gräbe

Abstract

Navorsing oor ekokritiek en die Afrikaanse letterkunde verteenwoordig ’n opwindende nuwe veld van ondersoek in Afrikaans. Artikels deur Susan Smith en Susan Meyer is reeds in vorige uitgawes van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe geplaas. In die Septembernommer het Susan Meyer gereageer op Carien Smith se ekokritiese herlees van Riana Scheepers se kortverhaal “Katvoet”, wat in die Junienommer van die tydskrif gepubliseer is. Ons publiseer in hierdie afdeling nog ’n respons deur Reinhardt Fourie; Carien Smith het aangedui dat sy graag in die Maart 2019-nommer op sowel Susan Meyer as Reinhardt Fourie se opmerkings sal wil reageer.

Published
2019-02-26
Section
Aktueel