Die pad na gedeelde betekenis: Inlynkommunikasiemedia as veranderingsagent vir volhoubare strategiese belangegroepverhoudings

Towards shared meaning: Inline communication media as change agent for sustainable strategic stakeholder relationships

  • Rachel Barker Universiteit van Suid-Afrika
  • Yolandi Slabbert Universiteit van Suid-Afrika
Keywords: kennisdeling, kennisoordrag, gedeelde betekenis, inlynkommunikasiemedia, strategiese belangegroepe, verhoudings met belangegroepe, Kommunikatiewe Konstutisie van Organisasies (KKO)

Abstract

Die toenemende mediakapasiteit van die verhoogde gefragmenteerde medialandskap kan oordelig of nadelig vir individue wees. Vanuit ’n organisatoriese kommunikasie-oogpunt word geargumenteer dat gedeelde kennis deur inlynkommunikasiemedia kan bydra tot volhoubare strategiese belangegroepverhoudings. Om dit te kan doen, word die artikel oorhoofs benader vanuit die Kommunikatiewe Konstitusie van Organisasies (KKO)-denkrigting as begrondingsraamwerk, met ’n spesifieke fokus op die kennisbestuurperspektief as multidissiplinêre benadering om gedeelde kennis en betekenis te bewerkstellig. Vanuit die  kennisbestuursbenadering word geargumenteer dat organisasies inlynkommunikasiemedia as veranderingsagent kan gebruik om hierdie betekenis en bewustheid te skep. Vir die doel van hierdie artikel verwys inlynkommunikasiemedia na die integrasie van aanlyn en aflyn interaktiewe kommunikasie tussen die organisasie en belangegroepe en die beweging tot gedeelde betekenis deur kruis-medialiteit vir die versterking van volhoubare strategiese belangegroepeverhouding. Volgens Larghi, Lemus, Moguillansky en Welschinger (2015:22) is die integrasie van optredes en gedrag waardevol om strategiese belangegroepe te verstaan en kan dit gebruik word om die manier waarop hulle betekenis aan realiteit gee, sistematies te verander. Dit beklemtoon die siening tot ’n benadering om aanlyn en aflyn  interaktiewe media te kombineer om verhoudings met strategiese belangegroepe te versterk. In lyn met die KKO-denkrigting word geargumenteer dat konnektiwiteit, wat persepsies oor tyd, spasie en verhoudings skep en individue van die digitale na die fisiese omgewing en terug te beweeg, moontlik gemaak word (Larghi et al. 2015:28). Inlynkommunikasiemedia skep dus verskillende kruis-kanaal-raakpunte vir kommunikasie om verhoudingsbestuur met strategiese belangegroepe tot voordeel van die organisasie te versterk. ’n Belangrike aspek is die beweging na gedeelde kennis wat uit ’n organisatoriese oogpunt verskil van die fokus van die media om slegs inligting oor te dra om voorsiening te maak vir die vinnige verandering in die nuwe- en sosiale- media-omgewing. Die artikel fokus op hierdie leemte in die literatuur om van inligtingoordrag deur die media te beweeg na gedeelde inligting waar die organisasie inlynkommunikasiemedia as veranderingsagent kan gebruik om gedeelde kennis, betekenis en innoverende samewerking vir probleemoplossing en volhoubare verhoudings met strategiese belangegroepe te skep. Die bydrae van die artikel is tweeledig: eerstens om vanuit ’n organisatoriese oogpunt ’n nuwe perspektief voor te stel waar  inlynkommunikasiemedia gebruik kan word as veranderingsagent vir die oordrag van gedeelde kennis; en tweedens dat hierdie gedeelde kennis betekenis skep wat deur kennisbestuur moontlik gemaak word om die organisasie se verhouding met strategiese belangegroepe te versterk.

Author Biographies

Rachel Barker, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Kommunikasiewetenskap, Universiteit van Suid-Afrika

Yolandi Slabbert, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Kommunikasiewetenska, Universiteit van Suid-Afrika

Published
2019-02-26
Section
Navorsings- en Oorsigartikels