Afrikaans op Twitter in ’n wêrelddorp: ’n McLuhaniaanse perspektief

Afrikaans on Twitter in a global village: A McLuhanian perspective

  • Danie Du Plessis Universiteit van Suid-Afrika
  • Charmaine Du Plessis Universiteit van Suid-Afrika
Keywords: deduktiewe tematiese analise, McLuhan, media-effekte, media-ekologie, sosiale media, Twitter

Abstract

In die artikel word ’n kwalitatiewe navorsingsontwerp gevolg om die toepaslikheid van McLuhan en McLuhan (1988) se media-effekraamwerk in ʼn wêrelddorpkonteks te ondersoek. Die Afrikaanse aanlyn organisasie, Afrikaans.com, se Twitterprofiel, wat ten doel het om die Afrikaanse taal te bevorder, is as ʼn voorbeeld van ʼn wêrelddorp gebruik. Twitter verteenwoordig die digitale era oorwegend as ’n kommunikasie- en inligtingsmedium en vervul dus ’n belangrike rol in die media-ekologie wat by verdere beskrywing kan baat vind. Veral die sosiale media verleen ʼn nuwe perspektief aan die vier media-effekte soos die steekproefdata, as ʼn voorbeeld van McLuhan se wêrelddorpmetafoor, illustreer. Die bevindinge toon oortuigend aan hoe die vier media-effekte relevant is vir Afrikaans.com se Twitterprofiel as wêrelddorp. Die vraag word ook gestel of die media-effekte relevant sal bly namate Twitter en ander sosialemediaplatforms as gevolg van voortdurend veranderende tegnologie ontwikkel. Derhalwe word ’n vyfde media-effek voorgestel om die fyner nuanses van Twittergesprekke te ontleed.

Author Biographies

Danie Du Plessis, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Kommunikasiewetenskap, Universiteit van Suid-Afrika, 
Pretoria

Charmaine Du Plessis, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Kommunikasiewetenskap, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria

Published
2019-02-26
Section
Navorsings- en Oorsigartikels