<i>Huisgenoot</i> se veranderende voorbladagenda: Van Diana tot misdaad as ’n vorm van vermaak

<i>Huisgenoot’s</i> changing agenda and the use of crime as a form of entertainment

  • Johannes D Froneman Noordwes-Universiteit
  • Alexa Swart Noordwes-Universiteit
  • Cornia Pretorius Noordwes-Universiteit
Keywords: Huisgenoot, voorbladagenda, Diana, prinses van Wallis, misdaad, vermaak, tydskrifjoernalistiek

Abstract

Hierdie artikel ondersoek aan die hand van voorblaaie en verwante artikels die wyse waarop Huisgenoot in die 1980’s en 1990’s Diana, prinses van Wallis, asook TV- en rolprentsterre gebruik het om voorheen ongekende sirkulasiesyfers te handhaaf, maar later al hoe meer misdaadstories (in kombinasie met stories oor Afrikaanse sangers) geplaas het. Teen 2002, toe Esmaré Weideman redakteur geword het, was daar reeds ’n afname in sirkulasie en het navorsing gewys dat lesers nie meer so geneë was met die resep wat Niel Hammann so suksesvol begin het nie. Tog is grootliks daarmee voortgegaan en publiseer Huisgenoot ’n besonder eksplisiete foto van ’n slagoffer van terrorisme in die buiteland. Na talle lesersbesware hieroor onderneem Huisgenoot om dít nie weer te doen sonder dat lesers op die voorblad gewaarsku word nie. In 2012 verskyn misdaadstories gereeld op Huisgenoot se voorblad as ’n vorm van vermaak. In een geval word ook die slagoffers se foto prominent gebruik en word die verkragting van ’n vrou in detail beskryf. Hiermee is Hammann se benadering van sensasiemet-sofistikasie finaal vervang. Dit dui op ’n wesenlike koerswysiging in wat aanvaarbaar was of nie binne die Afrikaanse gesinstydskrif-mark. 

Author Biographies

Johannes D Froneman, Noordwes-Universiteit

Skool vir Kommunikasiestudies, Noordwes-Universiteit

Alexa Swart, Noordwes-Universiteit

Skool vir Kommunikasiestudies, Noordwes-Universiteit

Cornia Pretorius, Noordwes-Universiteit

Skool vir Kommunikasiestudies, Noordwes-Universiteit

Published
2019-02-26
Section
Navorsings- en Oorsigartikels