Loerbroer en biegbank: Die uitwysing van rassisme deur die postapartheid- Suid-Afrikaanse media

Spyfly and confessional: The fight against racism in the post-apartheid South African media

  • Gawie Botma Universiteit van Stellenbosch
Keywords: biegbank, dissipline, Fairclough, Foucault, grense, kritiese diskoersanalise, loerbroer, media, postapartheid, rassisme, sosiale media, Suid- Afrika

Abstract

Die voortdurende debat oor die rol van die media in die samelewing word in hierdie artikel verryk deur die identifisering van twee nuwe metaforiese beskrywings: loerbroer en biegbank. Die beskrywings spruit uit ʼn Foucaultiaanse lesing van die wisselwerking tussen mag/kennis en die rol van die media in diskoerse wat in die samelewing om hegemonie meeding. Die toepassing daarvan werp lig op die dekking van insidente van beweerde rassisme in die Suid-Afrikaanse media oor die laaste paar jaar. Die artikel toon aan hoe daar ondanks diversiteit in die media tog ʼn patroon ontstaan wat deur die loerbroer en biegbank beskryf kan word.

Author Biography

Gawie Botma, Universiteit van Stellenbosch

Departement Joernalistiek, Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch

Published
2019-02-26
Section
Navorsings- en Oorsigartikels