Die dood van die tradisionele koerant: ’n Strategiese assessering

Death of the traditional newspaper: A strategic assessment

  • Ronnie Lotriet Noordwes-Universiteit
Keywords: gedrukte media, digitale media, strategie, besigheidsmodel, koerante, sirkulasie, advertering, kostes, inhoud, kwaliteit

Abstract

In die digitale era bevind koerante regoor die wêreld hulself in ongekende waters en probeer inkomste vanuit aanlyn verkeer genereer. Sommige koerante, soos die Wallstreet Journal, het dié stap met merkwaardige sukses geneem, terwyl ander koerante jammerlik gefaal het. Die digitale era plaas ook geweldig druk op die koerantindustrie in Suid-Afrika. Sirkulasiesyfers en winste wys ʼn dalende tendens. Die invloed van die internet en aanlyn nuus het ʼn beduidende impak op die wyse waarop koerantuitgewers inkomste en winste gaan genereer. Indien die huidige afname in sirkulasie voortduur, kan daar so min as 750 000 koerante in sirkulasie wees in Suid-Afrika teen 2020. Koerantuitgewers behoort alternatiewe inkomstestrome vir digitale koerante te ondersoek, insluitend bekostigbare alternatiewe vir adverteerders, om te verseker dat die uitgewers hierdie adverteerders behou. Die doel van dié navorsing is om ʼn strategiese assessering te maak van die strategiese oorwegings in die migrasie vanaf gedrukte na digitale media.

Author Biography

Ronnie Lotriet, Noordwes-Universiteit

Programbestuurder MBA & Fundamentele Bestuur, Skool vir Besigheid, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2019-02-26
Section
Navorsings- en Oorsigartikels