Inleiding

  • Pieter J Fourie

Abstract

Die media het so deel van die hedendaagse samelewing en die hedendaagse mens se lewe geword dat dit, net soos taal, meestal as ’n vanselfsprekendheid aanvaar word. Slegs wanneer ’n mens spesifiek daarop gewys word, raak jy daarvan bewus dat die media, net soos taal, ’n betekenisgewende en betekenisskeppende kommunikasie-instrument is wat deur ’n komplekse “grammatika” onderlê, geskep, gebruik en verstaan word. Mediateorie en medianavorsing het dit ten doel om hierdie grammatika van die media bloot te lê en vas te stel hoe die media as ’n (massa)kommunikasie-instrument kommunikeer. Die teorie en navorsing word gewoonlik toegespits op en afgebaken in ’n aspek van die drieluik van die kommunikasie, naamlik, in die wydste sin van die woord, die mededeler, die ontvanger en die boodskap (die inhoud, medium en vorm van die media).

Author Biography

Pieter J Fourie

Gasredakeur

Published
2019-02-26
Section
Navorsings- en Oorsigartikels