“Onkruid tussen die koring”: Oswald Pirow en die Nuwe Orde vir Suid-Afrika, 1940–1943

“Weeds amongst the wheat”: Oswald Pirow and the New Order for South Africa, 1940–1943

  • F A Mouton Universiteit van Suid-Afrika
Keywords: Oswald Pirow, Nuwe Orde, Nasionaal-sosialisme, Nazi Duitsland, HHerenigde Nasionale Party, Afrikaanse kerke, D.F. Malan, A.J. Geyer, J.G. Strijdom, H.F. Verwoerd

Abstract

Hierdie artikel bied ’n ontleding van die redes waarom dit aanvanklik in 1940 vir Oswald Pirow – wat weens opportunistiese redes nasionaal-sosialisme aangehang het met die stigting van die Nuwe Orde vir Suid-Afrika – moontlik was om hierdie ideologie suksesvol te verkondig. Daar word aangevoer dat unieke omstandighede die politieke veld vir enkele maande vir hom oopgelaat het om nasionaal-sosialisme te propageer. Ná die Afrikaanse kerke en die Herenigde Nasionale Party daarop gewys het dat dit ’n heidense en totalitêre ideologie was wat teenstrydig was met die demokratiese tradisies en volksaard van die Afrikaner, is die Nuwe Orde met ’n toenemende kritiese houding bejeën. Gevolglik was Pirow teen die einde van 1941 ’n randfiguur en teen 1943 ’n gebrokene, vasgevang in die politieke wildernis. Alhoewel die aanklag dat Pirow ’n opportunis was wel ’n rol gespeel het, was die Afrikaanse kerke en die HNP se verwerping van die totalitêre aard van nasionaal-sosialisme (in ’n tydperk toe dit gelyk het asof Nazi-Duitsland besig was om die oorlog te wen) die beslissende rede waarom die Nuwe Orde ten gronde sou gaan.

Author Biography

F A Mouton, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Geskiedenis, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria

Published
2019-06-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels