Voorgestelde metodes om die voordele van padprojekte te maksimeer

Proposed methods to maximise the benefits of road projects

  • Wessel J Pienaar Stellenbosch Universiteit
Keywords: inkrementelevoordeelkosteverhouding, mobiliteit, onafhanklike projekte, onderling uitsluitende projekte, toeganklikheid, vaste begroting, veranderlike begroting, verkeerskomponente

Abstract

Hierdie artikel stel metodes voor wat ’n vervoerowerheid kan volg om die voordele van padvoorsiening te maksimeer. Ná die inleiding word ’n metode voorgestel waarvolgens openbare padprojekte gekies kan word wanneer ’n vaste begroting vir padbouprojekte geld. Hierdie metode bestaan uit vyf stappe en is gegrond op die inkrementele-voordeel-koste-beginsel. ’n Prestasiegeoriënteerde metode word voorgestel vir die proaktiewe keuse van padprojekte om ekonomiese groei en ontwikkeling teweeg te bring wanneer ’n veranderlike begroting moontlik is. Die metode bestaan uit drie stappe en is, soos die keuringsproses wat bespreek is, gegrond op die inkrementele-voordeel-koste-beginsel. Hierdie twee metodes word met behulp van voorbeelde toegelig. Die gevolgtrekkings wat uit die studie vloei, word dan aangebied. 

Author Biography

Wessel J Pienaar, Stellenbosch Universiteit

Departement Bedryfsingenieurswese, Universiteit Stellenbosch

Published
2019-03-17
Section
Aktueel