Riglyne by die keuse van padprojekte deur die owerheid

Guidelines for the choice of road projects by government

  • Wessel J Pienaar Stellenbosch Universiteit
Keywords: makro-ekonomie, mikro-ekonomie, mobiliteit, onafhanklike projekte, onderling uitsluitende projekte, pleknut, produksiefaktore, sosialekostevoordeelontleding, toeganklikheid, voordeel-koste-verhouding

Abstract

Dié artikel verduidelik waarom die voorsiening van openbare paaie aan markmislukking onderhewig is, en verduidelik die redes waarom openbare paaie deur die staat voorsien word. Dié oorwegings is hoofsaaklik ekonomies van aard en word uit ’n sektorale, mikro- en makroëkonomiese oogpunt toegelig. Die bedryfseienskappe van padvervoer, teenoor dié van spoorvervoer, wat vir die stimulering van ekonomiese lewenskragtigheid bevorderlik is, word oorsigtelik verduidelik. Die staat se plig om padinfrastruktuur te voorsien bring mee dat daarvoor begroot moet word. Die artikel beskryf die situasie wanneer padowerhede reaktief die voordele van padvoorsiening moet probeer maksimeer onder die beperking van fiskale rantsoenering en ’n vaste begroting. Ten slotte word voorgestel dat padowerhede, met oordeelkundige benutting ook van leningsfondse, proaktief optree om die voordele van padvoorsiening te maksimeer deur hulle padboubegrotings as veranderlik te benader, maar onderworpe aan ’n prestasiereël.

Author Biography

Wessel J Pienaar, Stellenbosch Universiteit

Departement Bedryfsingenieurswese, Universiteit Stellenbosch

Published
2019-03-17
Section
Aktueel