Reaksie op die artikel “ʼn Ekokrities-filosofiese perspektief op die kortverhaal ‘Katvoet’ (Riana Scheepers)” deur Carien Smith (Tydskrif vir Geesteswetenskappe 58(2):310-329)

  • Susan Meyer Noordwes Universiteit

Abstract

Ek reageer graag op Carien Smith se artikel “ʼn Ekokrities-filosofiese perspektief op die kortverhaal “Katvoet” (Riana Scheepers)” in die Junie-uitgawe. Die energie van ʼn jong navorser in die veld van die ekokritiese teksanalise en -kritiek is baie welkom. Dan is hier ook ʼn navorser aan die woord wat met ʼn helder formulerings- en argumentasievermoë ʼn gewaardeerde nuwe stem in die relatief jong ekokritiese diskoers op die (Suid-)Afrikaanse letterkundeterrein is.

Author Biography

Susan Meyer, Noordwes Universiteit

Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus

Published
2018-09-30
Section
Aktueel