Die ekonomiese belang van die beskerming van minderheidsgroepe vir die staat

The economic importance for the state of the protection of minority groups

  • Theuns du Buisson Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Ekonomie, Adam Smith, Suid-Afrika, Politiek, Kultuur, Identiteit, Ekonomiese Groei, Minderhede, Swart Ekonomiese Bemagtiging, Regstellende Aksie, Staatslegitimiteit

Abstract

Regerings moedig graag nasiebou aan, met die oogmerk om hul burgers saam te snoer en nasionale eenheid te bewerkstellig. In homogene samelewings geskied dit gewoonlik heel maklik, omdat mense van nature mag voel dat hulle ’n enkele gemeenskaplike doel nastreef. Minderheidsgroepe word egter daarby uitgesluit. Hierdie artikel belig die feit dat dit nog altyd die geval is. Daar word ook betoog dat regerings, veral dié van Suid-Afrika, doelbewus daarop uit is om minderheidsgroepe te ondermyn. Deur te verwys na veral die rol vir die staat wat Adam Smith identifiseer, word sulke oormatig betrokke regerings se legitimiteit bevraagteken. Veral waar dit op die direkte ondermyning van geregtigheid neerkom, is dit in stryd met Hobbes se sosiale kontrak, sowel as Adam Smith se voorgestelde rol vir die staat. ’n  Ander belangrike punt wat beklemtoon word, is dat kulturele groepe se welvaart altyd voordele inhou ook vir ander groepe. Deur een te ondermyn, word die hele samelewing dus ondermyn.

Author Biography

Theuns du Buisson, Universiteit van die Vrystaat

Departement Filosofie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

Published
2018-09-30
Section
Navorsings- en Oorsigartikels