Oor die vraag na identiteit in ʼn postapartheidwêreld: Ko-skepping as alternatief vir onto-rasselogie

On the question of identity in a post-apartheid world: Co-creation as an alternative to ontorace-logy

  • Schalk Gerber Stellenbosch Universiteit
Keywords: identiteit, postapartheid, onto-rasse-logie, miskenning, betekenis, koskepping, universele, partikulêre, verantwoordelikheid, menswaardigheid

Abstract

Hoe verstaan ʼn mens wie jy is in ʼn postapartheidwêreld? Anders gestel: Wat volg moontlik op die logika van apartheid? In hierdie artikel word daar in die lig van dié vrae betoog vir ʼn identiteitsbegrip as aksie wat lei tot ko-skepping van betekenis eerder as essensie. Voordat hierdie betoog gelewer kan word, word in die eerste deel van die artikel die logika wat die identiteitsbegrippe in die koloniale bestel en in sy nakomeling apartheid gekonstitueer het, hermeneuties ontleed as onto-rasse-logie. Op sy beurt word getoon dat dié logika tot die opsluiting van identiteite as essensialisties binne ʼn geslote totaliteit lei. Daarteenoor word in die tweede deel betoog enersyds vir die vermyding van ʼn voortsetting of rekonstruering van ʼn onto-rasse-logiese identiteit en ʼn geslote totaliteit, en andersyds vir die ontsluiting van die wêreld met ʼn identiteitsbegrip as aksie eerder as essensie. Dit is ʼn identiteitsbegrip wat op ʼn ontologiese vlak rekening hou met ʼn persoon se gegewe bestaan in die wêreld as altyd saam met ander en die universele verantwoordelikheid wat daarby ingeweef is: die strewe na en herstel van ʼn menswaardige bestaan vir almal.

Author Biography

Schalk Gerber, Stellenbosch Universiteit

PhD Kandidaat, Departement Filosofie, Stellenbosch Universiteit

Published
2018-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels