ʼn Nuwe wekroep tot ’n filosofiese Afrikaans buite die openbare universiteite

The call for a philosophical Afrikaans outside the public university

  • Hercules Boshoff Universiteit van die Vrystaat
Keywords: moedertaal, selfveragting, vertaling, verbabelsing, homogenisering, Faustiese drif, absolusie, opheffing, oriëntering

Abstract

Die artikel betwis die legitimerende verduidelikings wat plaaslik en internasionaal vir verengelsing gegee word, naamlik dat daardeur ʼn meer praktiese en inklusiewe wyse van kommunikasie verwesenlik word in ʼn gesamentlike opheffing van die beskawing. Ek wys daarop dat sulke edele verduidelikings uit ʼn homogeniserende drif voortspruit, met ʼn Faustiese ondertoon, dit wil sê dat prysgawe van die siel as voorwaarde vir opname in die nuwe bestel gestel word. Hierdie Faustiese prysgawe word aangedryf deur wat ek noem die priesterskap van selfveragting, so genoem vanweë ʼn soort masochistiese selfmarteling wat enersyds die voorwaarde vir relevansie geword het, en waarbinne andersyds pyniging die voorwaarde vir beloning is. As alternatief hiervoor doen ek ʼn oproep tot ʼn filosofiese omgang in  Afrikaans, dit wil sê ʼn verkenning van die algemene waarin die besondere nie ingeperk of uitgewis word nie, maar wat selfontdekking én uitreiking na die geheel tot gevolg het. Dit behels nie ʼn verskraling van die algemene nie, maar ʼn verryking daarvan deur nuwe nuanses daaraan te verleen. Onontbeerlik vir die verryking is ver-taal-ing, waarsonder taal armer en eensydig word. Taal, anders as getal, is veelkantig en veelduidig. Die weg van taal word daarom moeisaam bewandel in erkenning, waarbinne tegelyk selfkennis (nie verwaandheid nie) en oopstelling (wat nie met homogenisering verwar moet word nie) vereis word.

Author Biography

Hercules Boshoff, Universiteit van die Vrystaat

PhD-kandidaat, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

Published
2018-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels