Chairefoon-konferensie

  • Hercules Boshoff
Keywords: Chairefoon-konferensie

Abstract

Drie artikels in hierdie uitgawe van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe is ’n uitvloeisel van die eerste Chairefoon-konferensie wat op 9 Oktober 2017 by die Suid-Afrikaanse Akademie plaasgevind het, met die tema “Selfverkenning en die Geheel”. Die Chairefoon-Inisiatief is ’n vereniging wat aan die einde van 2016 op die been gebring is deur nagraadse filosofiestudente met die doel om die kultivering van filosofie in die Afrikaanse taal, in reaksie op die ontneming van hierdie geleentheid by die plaaslike universiteite, te bevorder. Die naam “Chairefoon” verwys na Sokrates se vriend wat die orakel geraadpleeg het om uit te vind wie die wysste man in Griekeland was, waarop die antwoord “Sokrates” gegee is. Die sinspeling is dus op die verbintenis tussen wysheid en vriendskap, iets wat ons in ons aktiwiteite probeer beklemtoon.

Published
2018-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels