Behoeftes van gesinne waar ’n kind met kanker gediagnoseer is: Persepsies van maatskaplike werkers

Perceptions of social workers on the needs of families where a child has been diagnosed with cancer

  • Ilze Slabbert Stellenbosch Universiteit
  • Terika Steenkamp
Keywords: Kind met kanker gediagnoseer, gesinsisteem, ouer-subsisteem, sibbesubsisteem, behoeftes, inligting, ondersteuning, kommunikasie, kwalitatiewe studie, temas, gesondheidsorgspan

Abstract

As ʼn kind met kanker gediagnoseer word, is dit nooit maklik om te verwerk nie. Die hele gesinsisteem ervaar ontwrigting om by sodanige diagnose aan te pas, en almal ervaar sekere behoeftes in hierdie situasie. Vir hierdie studie is die sisteemteorie gekies as teoretiese raamwerk om die verskillende behoeftes van die subsisteme in die gesin te eksploreer en te verken. Die doel van die studie was om die persepsies van maatskaplike werkers te ondersoek oor die behoeftes van gesinne waar ʼn kind met kanker gediagnoseer is. ʼn Kwalitatiewe studie is onderneem en etiese klaring is daarvoor verkry. Agtien deelnemers van ses verskillende hospitale en hospiese landwyd het aan die studie deelgeneem. Doelbewuste steekproefneming is gedoen. Data is ingesamel aan die hand van ʼn semi-gestruktureerde onderhoudskedule. Drie temas is geïdentifiseer, naamlik die behoefte aan inligting, ondersteuning en kommunikasie. Relevante subtemas is ook geïdentifiseer. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die gesinsisteem waar ʼn kind met kanker gediagnoseer is, sekere behoeftes ervaar waarvan maatskaplike werkers bewus moet wees ten einde effektiewe dienslewering aan hierdie gesinne te bied. 

Author Biographies

Ilze Slabbert, Stellenbosch Universiteit

Maatskaplike Werk, Universiteit Stellenbosch

Terika Steenkamp

Onafhanklike navorser

Published
2018-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels