Digterlike beheer en herinterpretasie: T.T. Cloete se transkripsie van twee antieke tekste in <i>Onversadig</i>

Poetic control and reinterpretation: T.T. Cloete’s transcription of two antique texts in Onversadig (“Unquenched”)

  • Marlies Taljard Noordwes-Universiteit
Keywords: T.T. Cloete, intertekstualiteit, transkripsie, jukstaposisie, Achilles se skild, saamsing, ars poëtika, Onversadig, identiteitskonstruksie, Hefaistos

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om twee gedigte uit die later werk van T.T. Cloete te ontleed met die oog daarop om sy siening van die “omvattende gedig” te demonstreer. Daar word aangetoon hoedat hierdie twee gedigte (wat eksemplaries is vir ʼn groot deel van die digterlike oeuvre) saamgestel is uit intertekstuele verwysings na die werk van talryke ander digters én na sy eie werk. Daar word hoofsaaklik eksemplaries te werk gegaan met die veronderstelling dat die gekose gedigte die kernaspekte van Cloete se poëtika verteenwoordig en in ʼn groot mate poëtiese gestalte gee aan gedagtes wat die skering en inslag vorm van sy selfrefleksiewe werk Die ander een is ek (2013). Die praktyk van jukstaposisie word as belangrike teoretiese basis gebruik.  Daarbenewens word verskillende vorme van intertekstualiteit ondersoek. Laasgenoemde praktyk vind in die twee tersaaklike gedigte veral gestalte in woordelikse herskrywing of transkripsie. Die gevolgtrekking word gemaak dat die digter in die afdeling “saamsing”, uit die bundel Onversadig ʼn kortbegrip van sy ars poëtika aanbied en dat hy nie net lig werp op sy digterlike praktyk nie, maar dat hy ook sy eie identiteit as digter en geskende mens in die gedigte “saamsing” en “Achilles se skild” inskryf.

Author Biography

Marlies Taljard, Noordwes-Universiteit

Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2019-03-17
Section
Navorsings- en Oorsigartikels