Die onderwyser as beoefenaar en bemiddelaar van selfgerigte leer

The Educator as a Self-Directed Learner and Agent

  • Editorial Office
  • Charlene Du Toit-Brits Noordwes Universiteit
Keywords: kontrole, leer, onderwyser, selfgerigte leer, selfgerigtheid, leerders, voortgesette, lewenslange

Abstract

Selfgerigte Leer (SGL) is onontbeerlik in die onderwys. Onderwysers het ʼn belangrike rol om te vervul ter ondersteuning van leerders om die toepaslike vaardighede vir SGL te kan aanleer. Om in staat te wees daartoe om dit te doen moet die onderwyser vertroud wees met SGL en daarop voorbereid en gewillig wees om dit in hul onderrig aan te wend. Die outeur het voorts in die onderhawige artikel geredeneer dat onderwysers die fondament vir SGL moet lê, voortgesette ondersteuning moet bied, leerders moet voorsien van gereedskap vir selfbestuurde leer, ʼn samewerkende leeromgewing moet skep waarin die onderwyser ondersteuning gee deur die leerders se SGL-ervaring aan te moedig, hulle inisiatiewe rakende leer moet fasiliteer en eerder as mentor moet optree as om ʼn instrukteur te wees (Guglielmino 2013). Onderwysers moet dus die begeerte by leerders skep om inisiatief aan die dag te lê ten opsigte van hul eie leer, met of sonder die hulp van andere, hul leerbehoeftes te diagnoseer, leerdoelwitte te formuleer, menslike en materiële hulpbronne vir leer te identifiseer, toepaslike leerstrategieë te kies en te implementeer en leeruitkomste te evalueer. Onderwysers kan dus talle voordele put uit SGL. Die verkryging van die nodige vaardighede is afhanklik van die onderwyser se voorbereidheid op en gewilligheid om SGL sy of haar eie te maak.

Author Biography

Charlene Du Toit-Brits, Noordwes Universiteit

Kurrikulumstudies, Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2018-07-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels