Vergifnisonderwys in skole as voorkoming van moontlike toekomstige emosionele pyn

Forgiveness education in schools as a possible measure to prevent future social and emotional pain

  • Editorial Office
  • Johannes L Van der Walt Noordwes Universiteit
Keywords: vergifnis, vergifnisonderwys, skool, skoolonderwys, sosiale onreg, emosionele pyn, sosiale pyn, burgerskaponderwys, lewensoriëntering, lewensvaardighede

Abstract

Sosiale onreg word op ’n daaglikse basis teenoor sowel enkelinge as groepe mense en gemeenskappe en selfs nasies gepleeg. In baie sodanige gevalle ervaar diegene teenoor wie die onreg gepleeg is oor lang tye emosionele pyn en word as gevolg daarvan die kliënte van beraders en terapeute. Die kernargument van hierdie artikel is dat heelwat van hierdie emosionele pyn en lyding voorkom kon gewees het indien mense van kleinsaf opgevoed (dit is, toegerus) was om te begryp wat die vra en die gee van vergifnis alles behels, ongeag of die oortreder om vergifnis vra of nie. As ’n mens die taak en funksie van skole deur die lens van die sosiale ruimte- en etiese funksieteorie bekyk, word dit duidelik dat skole as samelewingsverbande toevertrou is met onder meer die unieke funksie om jong leerders toe te rus om ook die ingewikkeldheid van die vra en die gee van vergifnis te kan bemeester. ’n Aansienlike deel van hierdie artikel word afgestaan aan ’n buitelyn van ’n vergifnisonderwysvakkurrikulum wat gevolg kan word deur onderwysers en ander opvoeders om hierdie toerustingsfunksie van die skool tot pedagogiese praktyk te maak.

Author Biography

Johannes L Van der Walt, Noordwes Universiteit

Edu-HRight Navorsingseenheid, Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus

Published
2018-07-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels