Oproep om bydraes: Spesiale Ontlaeringsuitgawe van Tydskrif vir Geesteswetenskappe 2024

  • Earl Basson
  • Bibi Burger
  • Janien Linde
  • Mathilda Smit

Abstract

Oor die afgelope ses jaar het drie kollokwiums plaasgevind onder die vaandel van die Ontlaeringsprojek. In die breë is die Ontlaeringsprojek gemoeid met hoe ons oor die onderrig van Afrikaans dink, en kan dink. Twee spesiale joernaaluitgawes (een in Stilet en een in Tydskrif vir Letterkunde) het intussen verskyn. In 2023 het ’n aantal kritiese gesprekke rondom (onder andere) die Ontlaeringsinisiatief op LitNet plaasgevind, waarin deelnemers besin het oor aspekte soos akademiese netwerkvorming, en die verhouding tussen politieke aktivisme en die akademiese projek.

Published
2024-03-06
Section
Uitnodiging