Wat is Verligting?

  • Hercules Boshoff Akademia
  • Piet Boshoff Universiteit van Pretoria

Abstract

Die Verligting is die bevryding van die mens uit sy selfopgelegde onmondigheid. Onmondigheid is die onvermoë om die verstand sonder die begeleiding van ander te gebruik. Self-opgelê is die onmondigheid wanneer die oorsaak daarvan nie by die tekortkoming van die verstand self lê nie, maar by onvoldoende vasberadenheid en moedigheid; om die verstand sonder begeleiding van ander te gebruik. Sapere aude! Hou moed, en laat jou van jou verstand bedien, is die leuse van die Verligting.

Author Biographies

Hercules Boshoff, Akademia

Filosofie, Fakulteit Geesteswetenskappe, Akademia, Pretoria, Suid-Afrika

Piet Boshoff, Universiteit van Pretoria

Senior Navorser, Departement Ou Testamentiese Studies, Universiteit van Pretoria, Pretoria

Published
2024-03-06
Section
Vertaling