Die verskynsel van kindermoord deur die moeder krities heroorweeg binne ’n kruiskulturele raamwerk

The phenomenon of maternal filicide reconsidered critically within a cross-cultural framework

  • Casper Lötter Noordwes-Universiteit
Keywords: diskoersvorming(s), feminisme, moederskap, kindermoord deur die moeder, transnasionale feminisme, versorging, verwaarlosing

Abstract

In hierdie bydrae poog ek om sin te maak van die verontrustende verskynsel van kindermoord deur die moeder binne die breër konteks van die verwaarloosde diskoers oor die moeder in die Weste. Afgesien van my vlugtige naspeuring van Kristeva (2002b) se begrip van abjeksie, ondersoek ek ook ander teoretiese voorstelle in hierdie verband. Ek beoog om die mite van ’n vanselfsprekende moederskapsinstink krities te beoordeel, naamlik dat dit geensins natuurlik van aard is nie. Hierdie aanvullende teoretiese voorstelle dui op ’n feministiese invalshoek en Hrdy (2000) se insig dat vroue se prehistoriese ongebonde seksualiteit geherkanaliseer is ten einde moederskap as “natuurlik” weer te gee. Ek speur hierdie motiverings na ten einde ’n meer genuanseerde begrip van sodanige politieke en ideologiese onderbou te bereik. Ek wend my dus tot ’n feministiese metodologie en, gesien in die lig van die kruiskulturele strekking van die begrip moederskap, begrond ek my benadering op ’n sodanige onderbou. Ten einde ’n kruiskult urele raamwerk te regverdig, ontleed ek vier onlangse voorbeelde van kindermoord deur die moeder soos wat die verskynsel in verskillende kulture afgespeel het. Aangesien kindermoord deur die moeder ’n kruiskulturele verskynsel is, betoog ek dat transnasionale teorie waardevol is vir ’n ontplooiing van en besinning oor hierdie aangrypende en ontstellende verskynsel. Die gevolgtrekking waa rtoe ek kom, is dat kindermoord deur die moeder beduidend aansluiting vind by Blumberg (2009) se begrip evolusionêre uitputting en ek betoog dat die verwaarlosing van die d iskoers oor die moeder, soos Kristeva (1982) ook indirek aandui, opsetlik is, aangesien dit andersins aanleiding sou kon gee tot ’n beëindiging van moederskap as ’n praktykinstelling.

It is a beleaguered time for those of us who believe in the right of intellectuals, artists and ordinary, affronted citizens to push boundaries and take risks and so, at times, to change the way we see the world. – Salman Rushdie (2021:219 )

Author Biography

Casper Lötter, Noordwes-Universiteit

Navorsingsgenoot, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2024-03-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels