Religie as vormgewende faktor van onderwys in die BRICS-lande

Religion as a formative factor of education in the BRICS countries

Keywords: BRICS-organisasie, determinante, onderwys, onderwysstelsels, religie en vergelykende opvoedkunde

Abstract

’n Onderwysstelsel word deur verskeie samelewingskontekstuele kragte gevorm. Hierdie konteks tuele faktore sluit taal, demografie, geografie, tegnologie, politiek en finansiële en ekonomiese tendense in. Godsdiens is een van die laasgenoemde tendense wat ’n onderwysstelsel kan beïnvloed. Die BRICS-organisasie bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika en is ’n supra-nasionale blok wat baie aandag in die openbare sowel as akademiese diskoers oor internasionale politiek en maatskaplike kwessies trek (De Beer, 2017).

Godsdiens word wyd geag as ’n omstrede en sensitiewe faktor in onderwysstelsels (sien Van der Walt, Potgieter & Wolhuter, 2010). In hierdie artikel word godsdiens as vormgewende faktor van die onderwysstelsels in die BRICS-lande ondersoek, om die waarde daarvan as ’n aanskouingsles vir Suid-Afrika en ander lande te bepaal. Die BRICS-lidlande is doelbewus vir hierdie navorsing gekies weens die besondere waarde van hierdie lande as vertoonvenster van onderwysstelsels se antwoord op samelewingstendense van die een-en-twintigste eeu. Dokumentontleding is uitgevoer ten opsigte van beleidsdokumente, wetgewing, artikels en staatspublikasies, ten einde inligting in te samel. In die verwerking en interpretasie van inligting is die metableties-vergelykende metode gebruik ten einde beste praktyke ten opsigte van die hantering van godsdiens in die onderwysstelsels vanuit die BRICS-lidlande te identifiseer. Die ondersoek het ernstige tekortkominge in al die BRICS-lande se hantering van godsdiens in onderwys aan die lig gebring. Nie een van die lande se beleid of praktyk slaag die toets, soos gemeet aan die Verenigde Nasies se Handves van Menseregte nie. Die noodsaak van voortgesette navorsing oor die plek van godsdiens in die onderwysstelsels van die wêreld word ten slotte verduidelik.

Author Biographies

F J de Kock, Noordwes-Universiteit

Doktorale student, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

C C Wolhuter, Noordwes-Universiteit

Vergelykende en Internasionale Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

L de Beer, Noordwes-Universiteit

Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

F J Potgieter, Noordwes-Universiteit

Unit for Education and Human Rights in Diversity, Research Focus Area: Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2024-03-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels