<i>“Dit gaan nog belangrik word”:</i> Veranderinge in grammatikale toekomsverwysing in Afrikaans

<i>“Dit gaan nog belangrik word”:</i> Changes in grammatical future reference in Afrikaans

  • Editorial Office
  • Johanita Kirsten Noordwes Universiteit
Keywords: grammatikalisering, grammatikale verandering, tydsaanduiding, toekomsverwysing, werkwoorde, skakelwerkwoorde, hulpwerkwoorde, toekomstige presens, korpuslinguistiek, historiese geskrewe Afrikaans

Abstract

Toekomsverwysing in Afrikaans kan grammatikaal en leksikaal aangedui word, soortgelyk aan ander Wes-Germaanse tale soos Nederlands en Engels. Die modale hulpwerkwoord sal, afkomstig van Nederlandse zullen, en die hulpwerkwoord gaan, van Nederlandse gaan, word algemeen gebruik vir toekomsverwysing, asook die toekomstige presens waar sinne sonder tempusaanduiding na die toekoms verwys. Die totale gebruiksfrekwensie van gaan toon nie tekens van verandering sedert standaardisering nie, maar die verskillende gebruike het tog nie stabiel gebly nie. Sedert standaardisering het die sintaktiese en semantiese gebruikskontekste van toekomsverwysende gaan uitgebrei, en waar die leksikale item gaan vroeg in die twintigste eeu nog oorwegend as hoofwerkwoord gebruik is, word dit vandag oorwegend as ’n hulpwerkwoord (direkte skakelwerkwoord en toekomsverwysende hulpwerkwoord) gebruik.

Author Biography

Johanita Kirsten, Noordwes Universiteit

Afrikaanse Taalkunde, Vaaldriekhoekkampus, Noordwes-Universiteit

Published
2018-07-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels