Versoening in die Afrikaanse gemeenskap: Towerstaf of keuse?

Reconciliation in the Afrikaans community: Magic wand or choice?

  • W A M Carstens Noordwes-Universiteit

Abstract

Versoening as term word maklik gebruik, maar mense verstaan nie altyd wat dit inhou nie. Juis omdat versoening die resultaat van ’n besondere proses is, is dit nodig om tog te begryp wat dit inhou indien ’n mens betrokke wou raak by so ’n proses. In hierdie oorsigartikel word dit kortliks gedoen en dan toegelig met die agtergrond tot die totstandkoming van die Afrikaanse Taalraad, ’n liggaam wat in 2008 gestig is na afl oop van ’n versoeningsproses in die Afrikaanse taalgemeenskap. Versoening behels te alle tye ’n bestuurde proses wat tot ’n produk moet lei.

Author Biography

W A M Carstens, Noordwes-Universiteit

Buitengewone professor, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2023-12-06
Section
Mening