Etiek van leeshandelinge: ’n Suid-Afrikaanse geval

The ethics of reading: A South African case

Keywords: dekonstruktiewe lees, etiek van lees, etos, etosverwesenliking, euretiese lees, hermeneutiese lees, ideologie-kritiese lees, lees, reproduktiewe lees, Van Coller-diskoers

Abstract

Skrywers skryf oor wat hulle sien, hoor, lees en ervaar. Mense lees dit en lewer kommentaar daarop. Die uiteenlopende response op dieselfde teks weerspieël hoe die lees van ’n teks kan verskil. Die diskoers wat gevolg het op ’n rubriek deur Hennie van Coller in Mei 2022 dien as voorbeeld en opper vrae oor hoe geskryf en gelees word, maar ook hoe geskryf en gelees behoort te word. Die soeke na antwoorde begin deur bepaalde vertrekpunte te openbaar in ’n oorsig van die diskoers, gevolg deur ’n besinning oor die fundamentele vertrekpunte. ’n Ontleding van geselekteerde lesinge van die Van Coller-rubriek, asook response op dergelike lesinge, volg aan die hand van ’n model van interafhanklike leesmodaliteite ten einde ’n oorwoë antwoord op bogenoemde vrae te kan gee. Dit blyk uit die lees van die geselekteerde lesings van die rubriek dat sommige mank gaan aan respek vir die letter van die rubriek se teks. Die eintlike bedoeling van die Van Coller-teks is meesal genegeer ter wille van die lees van ’n alternatiewe teks (dit wat ook uit die teks afgelei kon word). Gevolglik slaag weinig lesings daarin om daarvan sin te maak binne die konteks wat die outeur beskryf. Argumente in die aanvanklike response, sowel as latere reaksies in die verloop van die diskoers, is meesal in ’n uitsluitende trant met eenduidige logikas gevoer. Die idioom en konteks waarin die diskoers ontvou het, was dus oorwegend vyandig, aggressief en etosvreemd. Hierdie diskoers maak mens opnuut bewus van die noodsaaklikheid van ’n oop en omvattende gesprek oor sake van belang vir ons land, ons taal Afrikaans, en die toekoms van kinder- en jeugliteratuur. Só ’n gesprek is slegs moontlik binne ’n milieu van etosverwesenliking waarin almal tuis kan wees.

Author Biography

J S Wessels, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Publieke Administrasie en Bestuur, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2023-12-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels