Samesweringsteorieë en vals nuus in leserskommentaar op nuusberigte van Maroela Media tydens die COVID-19-pandemie

Conspiracy theories and fake news in reader comments on news reports from Maroela Media during the COVID-19 pandemic

  • Burgert Senekal University of the Free State
Keywords: COVID-19, leserskommentaar, onderwerpmodellering, pandemie, samesweringsteorieë, vals nuus, waarheidsverval

Abstract

Sedert die uitbreking van die COVID-19-pandemie laat in 2019, het dit die wêreld op ongekende maniere ontwrig. Die virus het tot miljoene sterftes gelei, wat veroorsaak het dat regerings inperkings en reisbeperkings ingestel het, wat ekonomieë ernstig beïnvloed het. Suid-Afrika was geen uitsondering nie, en die Suid-Afrikaanse regering het streng maatreëls ingestel om die verspreiding van die virus te bekamp, insluitende die sluiting van skole en besighede.

Die pandemie het gepaardgegaan met ’n vlaag vals inligting en samesweringsteorieë, aangevuur deur sosiale media en ander aanlyn platforms. Vals inligting het die aanbeveling van onbewese geneesmiddels en behandelings vir COVID-19 ingesluit, terwyl samesweringsteorieë gewissel het van bewerings dat die virus ’n klug is, tot bespiegelings dat dit doelbewus in ’n wapenlaboratorium geskep is. Hierdie vals inligting en samesweringsteorieë het gelei tot verwarring en wantroue in owerhede, wat pogings ondermyn het om die verspreiding van die virus te beheer.

Hierdie studie ondersoek die neerslag van vals nuus en samesweringsteorieë in leserskommentaar op Maroela Media-berigte oor COVID-19. Rekenaarmatige onderwerpmodellering is toegepas om temas te identifiseer, en belangrike temas word aan die hand van voorbeelde bespreek. Daar word aangedui dat alhoewel min leserskommentaar ooglopend met vals nuus en samesweringsteorieë verbind kan word, samesweringsteorieë en vals nuus wel hierin voorkom, veral ten opsigte van die veiligheid en effektiwiteit van entstowwe, die bestaan van die pandemie self, die bevraagtekening van noodmaatreëls, en die voorstel van alternatiewe behandelings.

Author Biography

Burgert Senekal, University of the Free State

Navorsingsgenoot, University of the Free State, Bloemfontein, Suid-Afrika

Published
2023-12-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels