Die potensiaal van Afrikaanse betrokke poësie om ’n sensitiwiteit vir taalvariasie en -ideologie by voorgraadse studente te kweek

The potential of Afrikaans engaged poetry to foster sensitivity for language variation and language ideology among undergraduate students

  • Janien Linde Noordwes-Universiteit
  • Johanita Kirsten Noordwes-Universiteit
Keywords: betrokke poësie, letterkundeonderrig, taalvariasie, taalideologie, Jan Lion Cachet, Willa Boezak, Diana Ferrus, selfgerigte lees, taalaktivisme

Abstract

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die potensiaal van betrokke poësie om ’n sensitiwiteit vir taalideologie en -variasie by voorgraadse studente te kweek. Vir hierdie doel word data ondersoek wat verkry is uit die antwoorde van eerstejaars op ’n opdrag wat handel oor drie spesifieke gedigte wat as betrokke poësie aangebied word. Die volgende teoretiese uitgangspunte is vir hierdie artikel van belang: betrokke poësie (o.a. littérature engagée), selfgerigte leer en lees, en taalideologie. Die data wat ingesamel is, is met behulp van kritiese diskoersanalise geanaliseer deur ’n aantal taalideologiese kodes te identifi seer: essensialisme, taalpurisme, standaardtaalideologie, taalnasionalisme, hiërargie van tale of variëteite, moedertaalideologie, chauvinisme en ontlaering. Die kode “ontlaering” is gebruik om aan te dui waar en in welke mate studente tog, na aanleiding van die opdrag oor betrokke poësie, krities bewus geraak het van hul eie taalideologieë. Ons gevolgtrekking is dat ’n opdrag waarin die aard en funksionering van betrokke poësie as’t ware prakties vir die studente gedemonstreer word, wel tot ’n mate daarin slaag om hulle bewus te maak van taalideologie en die invloed daarvan op individue se idees oor taal. Ons dui egter aan dat die opdrag wel bepaalde tekortkominge het, en meen daarom dat verdere toeligting, spesifi ek vanuit ’n taalkunde perspektief, die proses wat hierdie letterkundige opdrag begin het om sensitiwiteit rondom taal by studente aan te wakker, moet voortsit en akademies verstewig.

Author Biographies

Janien Linde, Noordwes-Universiteit

Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Johanita Kirsten, Noordwes-Universiteit

UPSET Navorsingsfokusarea, Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark, Suid-Afrika

Published
2023-12-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels