(Self)portrette in Uit die kroes deur Lynthia Julius: ’n Kultuurhandhawende pedagogiese benade ring tot Afrikaanse literatuuronderrig

(Self)portraits in Uit die kroes by Lynthia Julius: A culturally sustaining pedagogical approach to the teaching of Afrikaans literature

  • Earl Basson Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie
  • Bibi Burger Universiteit van Kaapstad
Keywords: Afrikaansonderrig, Kultuurhandhawende pedagogie, Letter kundeonderrig, Lynthia Julius, Nama-Afrikaans, Oranjerivierafrikaans, Poësie, Variasietaalkunde

Abstract

Histories is die onderrig van Afrikaanse literatuur op skoolvlak Afrikanergesentreerd. Alhoewel daar sedert die politieke omwenteling in 1994 in Suid-Afrika pogings aangewend is om ’n inklusiewer letterkunde voor te skryf, oefen die voormelde geskiedenis steeds ’n invloed uit op hoe Afrikaans op skoolvlak onderrig word. Ondanks die skoolkurrikulum se transformatiewe beginsels en verbintenis tot sosiale regstelling, word min tekste voorgeskryf wat nie in ’n standaardvariëteit geskryf is nie. Voorts maak die pedagogiese benadering tot letterkundeonderrig wat taalonderwysers volg min ruimte vir uiteenlopende interpretasies van literêre tekste. Gevolglik skep dit ’n gaping tussen die beginsels van die skoolkurrikulum en dit wat in die letterkundeklaskamer gebeur. Paris en Alim (2017) se “kultuurhandhawende pedagogie” (KHP) is ’n onderrigbenadering wat die onderhou en ontwikkeling van leerders se kulture sien as sentraal tot pedagogiek. Ons voer aan dat ’n KHP-benadering gepas is vir die onderrig van Afrikaanse literatuur, aangesien dit sal behels dat leerders se variëteite en kultuurpraktyke nie gesien word as buite of slegs aanvullend tot die pedagogiese projek nie, maar eerder sentraal daartoe staan. In hierdie artikel fokus ons op hoe twee gedigte (“Ouma Xhau” en “Ontheemding”) in Lynthia Julius se bundel Uit die kroes (2020) op ’n KHP-wyse onderrig kan word op ’n manier wat leerders in staat stel om Oranjerivierafrikaans, die invloed van Nama op Afrikaans, orale literêre tradisies en kulturele ontheemding te verken. Ons analise sluit praktiese raad in oor hoe hierdie twee gedigte onderskeidelik benader kan word as ’n tipe portret en selfportret om sodoende die Europese portretkunstradisie en die uitdaag daarvan in die klaskamer te verken.

Author Biographies

Earl Basson, Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Bibi Burger, Universiteit van Kaapstad

Skool vir Tale en Letterkundes, Universiteit van Kaapstad, Suid-Afrika

Published
2023-12-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels