Nasionalisering van die Suezkanaal en die gevolglike inter nasionale reperkussies

Nationalisation of the Suez Canal and the resultant international repercussions

  • Riaan Eksteen Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Brittanje, Dulles, Eden, Egipte, Eisenhower, Frankryk, Israel, Macmillan, Midde-Ooste, militêre optrede, Nasser, Sowjetunie, Suezkanaal, Verenigde State van Amerika

Abstract

In 1956 het Nasser met sy besluit om die Suezkanaal te nasionaliseer die wêreld se aandag onherroeplik op hom gevestig. Die internasionale krisis wat daarna gevolg het, het vrede in die Midde-Ooste ernstig bedreig. Brittanje en Frankryk se besluit om ʼn aanval teen Egipte te loods terwyl Israel toe reeds militêr betrokke was, was ondeurdag en sinneloos. Dié fi asko het hul diplomatieke isolasie vererger. Die toenmalige Britse eerste minister, Sir Anthony Eden, wou Nasser ten alle koste uit die weg ruim, maar in die proses is sy eie loopbaan en reputasie vernietig. In Januarie 1957 het Sir Harold Macm illan hom opgevolg. Die alliansie tussen Brittanje en die VSA is erg geknou. Brittanje se fi nansiële en militêre swakhede is ontbloot en met die Eisenhower-doktrine het die VSA meer direk betrokke geraak by die gebeure. Groter betrokkenheid deur die Sowjetunie het die wedywering tussen die twee moondhede verder laat toeneem. Vir Nasser was die Suezkrisis ʼn groot sukses. In die Arabiese wêreld het hy na vore getree as die nuwe messias. Lande wat die koloniale juk wou afskud, het hul politieke heil by Nasser gaan soek. Op 28 September 1970 sterf hierdie legendariese figuur – hy was 53 jaar oud. Sy impak op d ie internasionale toneel vibreer vir nog baie dekades daarna. Die Suezkrisis kan nie as ʼn geïsoleerde gebeurtenis in politieke geskiedenis beskou word nie.

Author Biography

Riaan Eksteen, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Departement Politieke Studie en Regeerkunde, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2023-12-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels