Die “ander”: Lukaanse Jesus en Lévinas

The “other”: The Lukan Jesus and Lévinas

  • Anel Becker-Ferreira Universiteit van Pretoria
  • Ernest van Eck University of Toronto
Keywords: Emmanuel Lévinas, Jesus, sosiaalwetenskaplike metode, evangelie van Lukas, diversiteit, andersheid, vreemdeling, wederkerigheid, herstel, sosiale geregtigheid, liefde, verantwoordelikheid, menslikheid, vriendelikheid, naaste

Abstract

Emmanuel Lévinas se fi losofi e van die “ander” word ondersoek en in gesprek gebring met hoe die Lukaanse Jesus sy “ander” hanteer het. Die fokus van Lévinas se fi losofi ese werke is die voorrang van ’n etiese verhouding van die “self” met die “ander”. Deur gebruik te maak van die sosiaalwetenskaplike metode, word Jesus se gesindheid en optrede teenoor sy “ander” in die evangelie van Lukas oorweeg. Jesus skep nuwe koninkrykswaardes en sluit mense wat “anders” was in die familie van God in. In hierdie nuwe koninkryk word grense en vooroordele wat deur etnisiteit, geslag, status en ouderdom geskep word, tot niet gemaak. Die raakpunte tussen Jesus se hantering van die “ander” vanuit ’n seleksie van Lukaanse tekste en Lévinas se filosofie, word bespreek. ’n Voorstel oor wat Suid-Afrikaners oor andersheid, gelykheid en diversiteit kan leer en ’n benadering om buitestanders te omhels, word gemaak.

Author Biographies

Anel Becker-Ferreira, Universiteit van Pretoria

Departement Nuwe Testament, Fakuteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Ernest van Eck, University of Toronto

Knox College, Toronto Theological School, University of Toronto, Canada

Published
2023-12-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels