Volksboukuns in die Vredefortkoepel omgewing 1850–1950

Vernacular architecture in the Vredefort Dome area 1850−1950

  • Claudia Gouws Noordwes-Universiteit
Keywords: argitektuur, geboue, kultuurgeskiedenis, Potchefstroomse delwerye, rondawel, strukture, volksboukuns, Vredefortdelwerye, Vredefortkoepel

Abstract

Volksboukuns in die Vredefortkoepel (naby die huidige Parys, en Potchefstroom) kan beskou word as ’n kultuurhistoriese ontwikkelingsproses wat met die vestigingsgeskiedenis tussen 1850 en 1950 geassosieer word. Die Vaalrivieromgewing in die Vredefortkoepel was ’n gesogte vestigingsterrein vir opeenvolgende golwe van nedersetters en het aanvanklik groot wildstapels, jagter-versamelaars, pre-koloniale Bantoesprekendes, en ná 1836 boere en nedersetters (pioniers) getrek. Vanaf 1838 het pioniersvestiging, plaasbesetting, ’n landboustadium en ook ’n era van landbou-mynbou gevolg. Goud- en diamantmynbedrywighede gedurende die laatnegentiende eeu het die ekonomie van die omgewing gestimuleer, ’n beduidende rol in dorpstigting gespeel, en ook die volksboukuns met die gebruik van die sinkplaatdak beïnvloed. Die gegewe landskap beskik ook oor goedbewaarde en besonderse kultuurprodukte soos Sotho-Tswana klipmuurstrukture en verlate woonstrukture, veekrale, en smeltoonde en pioniersvestigings met huise, buitegeboue en ander strukture soos veekrale, ou watervore en besproeiingstuine, boorde en begraafplase. Die Vredefortkoepel, waar die grootste en oudste meteoriet impak op aarde gevind word, is sedert 2005 ’n gelyste UNESCO wêrelderfenisterrein.

Author Biography

Claudia Gouws, Noordwes-Universiteit

Geskiedenis, Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark, Suid-Afrika

Published
2023-09-16
Section
Navorsings- en Oorsigartikels