Is Suid-Afrika se rehabilitasieparadigma uitgedien? ’n Pleidooi vir moontlike beleidshervorming

Is South Africa’s rehabilitation paradigm redundant? A plea for possible policy reform

  • Casper Lötter Noordwes-Universiteit
Keywords: besitsongelykheid, inkomsteongelykheid, billikheid, gevangenisindustriële kompleks (GIK), Box se versluiering van misdaad (“ mystification of crime”), implikasies vir beleidsformulering, Reiman se pyrrhusnederlaagteorie, bestaande plaaslike rehabilitasiebeleid en -praktyke, ehabilitasieparadigma

Abstract

In hierdie bydrae word gepoog om aan te toon dat Carlen (2013) se standpunt dat die rehabilitasieparadigma in Brittanje uitgediend is, eweneens op postapartheid Suid-Afrika van toepassing is. Aangesien omstandighede hier ter plaatse egter uiteraard verskil van dié in die Verenigde Koninkryk, spits ek my metodiek in besonder toe op ’n krities-kriminologiese oorweging van vyf unieke aspekte van die Suid-Afrikaanse ervaring. My vertrekpunt is dus ’n klemverskuiwing. Eerstens poog ek om aan die hand van drie welbekende gevalle in plaaslike strafregverrigtinge (naamlik Zuma, Omotoso en Van der Vyver) aan te toon dat billikheid nie noodwendig alle beskuldigdes tot dieselfde mate begunstig nie, maar hoofsaaklik tot wesenlike voordeel van welgesteldes en gesaghebbendes dien. Tweedens wys ek daarop dat die gebruiksverandering van die gevangenis na ’n besigheidsmodel, nêrens in groter mate sigbaar is as by die verskynsel wat bekend staan as die gevangenis-industriële kompleks nie. Derdens betoog ek, aan die hand van Reiman se pyrrhusnederlaagteorie en Box se gedagte van die versluiering van misdaad, dat die verguising van die uitgeslotenes (“urban marginality”) as kriminogenies binne hierdie konteks die nuttige doel dien om aandag van staatsmisdade of dié van die staat se korporatiewe bondgenote af te lei. Teen hierdie agtergrond oorweeg ek die gedeeltelike sukses wat met rehabilitasiebeleid en -praktyke ter plaatse behaal is. Laastens kom ek tot die gevolgtrekking dat die rehabilitasieparadigma wel tot ’n mate in Suid-Afrika uitgediend is, die implikasies vir nuwe beleidsformulering veelvlakkig is en word die algehele verwerping van hierdie paradigma in die Suid-Afrikaanse konteks nie aanbeveel nie. 

“[T]he law against theft is not simply against [the act of] theft, it is a law against stealing what individuals presently own. Such a law has the effect of making the present distribution of property part of [and legitimized by] the criminal law.” – Reiman & Leighton (2020:175,beklemtoning verwyder)

“There are possibilities for me, certainly; but under what stone do they lie?” – Franz Kafka 

Author Biography

Casper Lötter, Noordwes-Universiteit

Navorsingsgenoot, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2023-09-16
Section
Navorsings- en Oorsigartikels