’n Empiriese vergelyking van die potensiële aanstootlikheid van enkele skelnaampare in Afrikaans

An empirical comparison of the potential offensiveness of some epithet pairs in Afrikaans

  • Gerhard B van Huyssteen Noordwes-Universiteit
  • Simoné Koekemoer Noordwes-Universiteit
Keywords: Afrikaans, aanstootlikheid, affiksoïed, eksosentriese kompositum, empiries, epitetiese eksosentriese komposita, epiteton, evaluatiewe taal, kompositum, konseptuele metonimie, pejoratief, persoonsnaam, skelnaam, spotnaam, suffiksoïed

Abstract

In Afrikaans en ander Germaanse tale is daar ’n subkategorie van eksosentriese komposita wat evaluatief as persoonsname gebruik kan word. Die fokus van hierdie artikel is op sulke komposita wat pejoratief as skel- of spotname gebruik word (d.i. epitetiese eksosentriese komposita (EEK’s)), en nog meer spesifiek op EEK’s wat op een van twee konseptuele metonimieë berus: LIGGAAMSDEEL VIR PERSOON (byvoorbeeld skinder÷bek) en (DEEL VAN) KLEDINGSTUK VIR PERSOON (byvoorbeeld slaap÷kous). Die artikel ondersoek die potensiële aanstootlikheid van EEK’s empiries. In ’n aanlyn vraelys met nege vrae moes respondente telkens die items (woorde) van mins aanstootlike tot mees aanstootlike rangskik. Op grond van ’n aantal statistiese berekeninge kan tot die gevolgtrekking gekom word dat metonimiese EEK’s (byvoorbeeld dwaas÷kop) nie statisties beduidend meer of minder aanstootlik as semanties ekwivalente non-EEK’s (byvoorbeeld dwaas) is nie. Ook kan aangetoon word dat suffiksoïede wat na liggaamsdele verwys (byvoorbeeld ÷gat en ÷neus) nie statisties beduidend meer of minder aanstootlik is as suffi ksoïede wat na kledingstukke verwys (byvoorbeeld ÷sak en ÷broek) nie. Die ondersoekte suffiksoïede kan wel op ’n spektrum van potensiële aanstootlikheid geplaas word, te wete: ÷neus ≈ ÷broek < ÷sak < ÷gat.

Author Biographies

Gerhard B van Huyssteen, Noordwes-Universiteit

Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT), Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Simoné Koekemoer, Noordwes-Universiteit

Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT), Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2023-09-16
Section
Navorsings- en Oorsigartikels