Afrikaanse visserstaal

Afrikaans Fisher language

  • Jadé Fouché Nelson Mandela Universiteit
  • Annél Otto Nelson Mandela Universiteit
Keywords: Afrikaanse visserstaal, dialektologie, leksikon, semantiek, sosiolinguistiek, variëteit, sosiolek, register, standaardvariëteit, formaliteit

Abstract

Afrikaanse visserstaal is deur verskillende tale beïnvloed, waaronder veral Nederlands, Portugees, Maleis en Engels en word as variëteit onderskei op grond van heelwat unieke woorde en uitdrukkings. Daar is min geografi ese differensiasie tussen Oos-Kaapse en Wes-Kaapse visserstaal as gevolg van die dialekkontinuum (Blume, 2023).

Woorde in Afrikaanse visserstaal verskil ten opsigte van gestandaardiseerdheid deurdat sommige woorde ook in die algemene woordeskat voorkom, soos in die nuutste HAT aangedui. Sommige woorde is nie gestandaardiseer nie aangesien hulle Engelse woorde is, byvoorbeeld shad, of ’n hibridiese vorm van Engels en Afrikaans is, byvoorbeeld raggie. Ander woorde en uitdrukkings is nie in die HAT opgeneem nie, waarskynlik omdat hulle nie so bekend/gebruiklik is in die algemene leksikon nie, byvoorbeeld bonnie/bonnietjie in plaas van die standaardwoord bonito. Stylvlakverskille kom voor by die Standaardafrikaanse woord stompneus teenoor flatty (informeel). Laasgenoemde word eerder onder die vissers gebruik. Dit geld ook vir die gebruik van visserman teenoor visterman. Enkele woorde in HAT6 bevat nie die visserstaalbetekenisonderskeiding nie, byvoorbeeld bakkie en mas as werkwoord.

Author Biographies

Jadé Fouché, Nelson Mandela Universiteit

Departement Opvoedkunde, Nelson Mandela Universiteit, Gqeberha, Suid-Afrika

Annél Otto, Nelson Mandela Universiteit

Departement Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Universiteit, Gqeberha, Suid-Afrika

Published
2023-09-16
Section
Navorsings- en Oorsigartikels