Die Wes-Kaapse Argief en die begin van Afrikaans

The Western Cape Archives and the beginning of Afrikaans

  • Editorial Office
  • Helena Liebenberg
Keywords: bewaring, digitalisering, transkribering, resolusies, inventarisse, vendusierolle, “Duitsch”, boeretaal vs. Standaardtaal, leenwoorde, Franse Hugenote, etimologieë, Afrikaans as bewarea, VOC, Wes-Kaapse argief

Abstract

Vir die onderhawige ondersoek is gebruik gemaak van die getranskribeerde inhoud van etlike reekse 17de- en 18de-eeuse VOC-dokumente wat in die Wes-Kaapse Argief gehuisves word en sedert 2001 tydens vier omvangryke projekte beskikbaar gestel is en steeds word. Veral die taalmateriaal in die Resolusies van die Politieke Raad, Inventarisse, Vendusierolle en Dagregisters van die Kaapse kommandeurs en  goewerneurs bied talryke voorbeelde van taalvorme wat toe gebruik is en behoue gebly het in Afrikaans. In hierdie opsig kan Afrikaans beskou word as bewarea van ou, onbekende of streekswoorde in hedentydse Nederlands. Talle Afrikaanse woorde is afkomstig uit die 17de-eeuse Nederlandse ‘boeretaal’. Daar word ook gewys op die invloed van Wes-Europese streekstale, veral Platduits, op die vorming van dit wat later Afrikaans genoem is. Slegs ’n beperkte aantal woorde van Oosterse en Khoi-Khoiherkoms kom voor, alhoewel Khoi-Khoi-plekname ’n besondere erfenis blyk te wees.

Published
2018-07-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels