’n Beoordeling van tekskritiese voetnote in die boek Esegiël in die 2020-vertaling van die Bybel

An evaluation of the text-critical footnotes in the Book of Ezekiel in the 2020 Afrikaans translation of the Bible

  • Herrie van Rooy Noordwes-Universiteit
Keywords: 2020-vertaling, antieke vertalings, Bybelvertaling, direkte vertaling, Esegiël, Masoretiese teks, Ou Grieks, Pesjitta, Septuagint, Targum, tekskritiek, tekskritiese benadering, vertaalvoetnote, Vulgaat

Abstract

Die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans is ’n direkte vertaling wat bronteksgeoriënteerd is. Die vertalers het ’n spesifieke bronteks gebruik, maar soms was daar onduidelikhede in die bronteks wat deur die toepassing van tekskritiese beginsels opgelos kon word en in voetnote verduidelik is. Hierdie bydrae bespreek die boek Esegiël as voorbeeld. Die bespreking gee  kort liks aandag aan die aard van die 2020-vertaling en bespreek die tekskritiese benadering wat in die vertaling van die Ou Testament gevolg is. Hierna kom die teksgeskiedenis van Esegiël aan die orde, gevolg deur ’n kort bespreking van die bronne wat vir die tekskritiese beoordeling van die teks van die boek gebruik is. Ná ’n oorsig oor die tekskritiese voetnote in die vertaling volg ’n bespreking van ’n verteenwoordigende aantal voorbeelde. Daar is 144 sulke voetnote in die boek. Die voetnote word bespreek in sewe groepe wat verband hou met veral die gebruik van die antieke vertalings van die Septuagint, die Targum, die Vulgaat en die Pesjitta om probleme op te los. Die voetnote in die boek Esegiël dui ook op die wisselende aard van die problematiek. Probleme hou dikwels verband met onbekende woordeskat, maar ook met probleme wat gedurende die teksoorlewering ingesluip het. In sommige gevalle bied die teksgetuies ’n duidelike oplossing, terwyl daar in ander gevalle meerdere moontlikhede bestaan. Die benadering van die 2020-vertaling tot tekskritiese probleme is om so ver moontlik by die Masoretiese teks te bly. Die voetnote getuig van ’n verantwoordelike hantering van tekskritiese probleme.

Author Biography

Herrie van Rooy, Noordwes-Universiteit

Skool vir Antieke Tale, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2023-09-16
Section
Navorsings- en Oorsigartikels