Prof Ernst F Kotzé: Sy rol as taalkundige in Die Bybel: 2020-vertaling

  • H J Bernard Combrink Universiteit van Stellenbosch
Keywords: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Begeleidingskomitee, Redaksionele Komitees, Taalkundige Komitee, huisstylgids, taalkundige, Fauna en Flora, sintaks, aanspreekvorms, Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Woordelys en Spelreëls

Abstract

Prof. Kotzé, voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (2003–2012), was vanaf die beginfase van die projek betrokke by die identifikasie van taalkundiges en oorhoofse beplanning. Hy was voorsitter van die Taalkundige Advieskomitee, lid van die Begeleidingskomitee, die Redaksionele Komitees van die Ou Testament en die Nuwe Testament, asook taalkundige in verskeie boekspanne. Vanuit sy breë taalkundige en semantiese agtergrond het hy deurlopend ’n reusebydrae tot die vertaling gelewer. Hy was en bly steeds bereid om noukeurig enige navraag te beantwoord. Met sy talle bydraes op die radio, webblad van die projek en elders, het hy die taalkundige uitdagings verbonde aan die projek helder en verstaanbaar breër bekendgestel.

Author Biography

H J Bernard Combrink, Universiteit van Stellenbosch

Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2023-09-16
Section
Navorsings- en Oorsigartikels