Op die spoor van vermeende letterdiefstal: Holografi ese Argeologie, GR von Wielligh en die Bleek en Lloyd-argief

  • Luan Staphorst Nelson Mandela Universiteit

Abstract

Toe die Universiteit van Kaapstad se Afrikanistiekbiblioteek in April 2021 in ’n vlammehel vasgevang was, het die vraag om verwoesting en oorlewing grootliks gewentel om Wilhelm Bleek en Lucy Lloyd se |xam-argief. Sulke aandag is nie iets nuuts in die lewe van die argief nie. In 1998 het dit Suid-Afrika se eerste inskrywing in UNESCO se Memory of the World Registry geword. Daarin word beskryf hoe dit “an invaluable and unique insight into the language, life, religion, mythology, folklore and stories of a now-extinct African people” verskaf. Verder is dit by die ontwerp van die post-1994-landswapen ingespan, en dien dit as ’n fokuspunt in die herverbeelde Iziko Suid-Afrikaanse Museum, een van die nasionale museums in Kaapstad.

Author Biography

Luan Staphorst, Nelson Mandela Universiteit

Nelson Mandela Universiteit, South African and Universiteit van Oxford, Suid-Afrika

Published
2023-09-16
Section
Navorsings- en Oorsigartikels