’n Persoonlike bekendstelling

  • Tom McLachlan

Abstract

Dit is vir my ’n eer en ’n voorreg om prof. Ernst F Kotzé kortliks bekend te stel.

In 1995 is ek tot die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies. Daar het ek ’n man raakgeloop wat ek so half en half geken het: Ernst Kotzé. In die 17 jaar dat ons saam in die TK gedien het, het my agting en waardering vir hom al hoe groter geword – nie net vanweë sy verbysterende taal-, tale- en taalkundekennis nie, maar veral dalk ook vanweë sy geaardheid. Ek is grootliks bevoorreg daardeur dat daardie halwe kennis van 1995 sedertdien vir my tot ’n baie verrykende vriendskap ontwikkel het.

Published
2023-09-16
Section
Huldeblyk