Die belyning van ’n kwartet-konfigurasie: Opmerkings oor mineur- en majeurletterkundes

Outlining a quartet configuration: Notes on minor and major literatures

  • Cilliers Van den Berg Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Deleuze, Guattari, mineurletterkunde, groepering, deterritorialisasie, politieke aard van letterkunde, minoriteit-mineur, majoriteit-majeur

Abstract

Deleuze en Guattari se konsep van mineurletterkundes het ’n belangrike gegewe in die literatuurteorie van die afgelope aantal dekades geword. Gewoonlik word hierdie konsep met verwysing na drie kern-eienskappe getipeer, naamlik deterritorialisasie, die politieke aard daarvan en die kollektiewe uitdrukkingswaarde wat dit sou veronderstel. Wanneer mineur letterkundes egter teen die agtergrond van Deleuze en Guattari se ander filosofiese werk geïnterpreteer word, blyk dit vinnig dat hierdie konsep veel genuanseerder aangewend behoort te word. In hierdie artikel beoog ek om presies dít te doen: die filosofiese kontekstualisering van mineurletterkundes met betrekking tot die gemeenskaplike oeuvre van beide denkers. Dit geskied deur veral na hulle konseptualisering van groeperings te verwys, oftewel hulle modellering van sosiale strukture en dinamikas in terme van (her)territorialisasie-deterritorialisasie en inhoudsvorm-uitdrukkingsvorm-asse wat mekaar kruis. Die betoog sluit af deur op sekere onderbeligte aspekte van mineurletterkundes te dui en ’n alternatiewe model voor te stel, waarmee mineurletterkundes beter getipeer kan word as die blote verwysing na die drie gesimplifiseerde kern-eienskappe, soos hierbo vermeld.

Author Biography

Cilliers Van den Berg, Universiteit van die Vrystaat

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

Published
2019-02-26
Section
Navorsings- en Oorsigartikels